Weeksdae om 9h30 Aangebied deur Yolanda
Klik HIER om weer te luister
https://archive.org/details/yol2018-08-02.092926
Kennisgewing
- Die Radio’s raak nie by politieke of godsdienstige argumente betrokke nie.
- Artikels en materiaal gebruik in programme is nie noodwendig die siening van die betrokke omroeper of die radiostasie nie maar die van die artikel- of berig skrywer.
- Die Radio’s gee berigte en nuus deur soos ontvang en is neutraal van enige politieke groep of agenda
Die Nuus word aangebied in samewerking tussen Netradiosa & FM stereo &FM Gospel live
Hooftrekke
Die polisie in Zimbabwe sê die drie mense wat gister dood is tydens betogings in die hoofstad, Harare, is nog nie geïdentifiseer nie. Die polisie het gisteraand die media toegespreek. Die senior-assistentbevelvoerder, Charity Charamba sê die polisie is besig om deur beeldmateriaal van die geweld te gaan om diegene te identifiseer wat by die protesoptrede betrokke was. Die geweld het uitgebreek nadat die Zimbabwiese Verkiesingskommissie aangekondig het dat Zanu-PF ‘n tweederde meerderheid in die parlement behaal het. Charamba het medelye betuig met die families van die slagoffers, en sê hulle verwag om binnekort die skuldiges in hegtenis te neem. Die Zimbabwiese Verkiesingskommissie sal intussen na verwagting vandag die uitslae vir die land se presidensiële verkiesing bekendmaak.
President Cyril Ramaphosa het die adjunk-nasionale direkteur van openbare vervolging, Nomgcobo Jiba, en die spesiale direkteur van openbare vervolging, Lawrence Mrwebi, in kennis gestel van sy voorneme om ondersoeke in te stel na hul geskiktheid vir hul poste. Jiba en Mrwebi moet voor volgende Vrydag redes te verskaf waarom hulle nie geskors moet word, hangende die ondersoeke nie. Hulle is in 2016 van die rol geskrap weens verskeie omstrede besluite, maar hul appèl teen die skrapping het onlangs geslaag. Ramaphosa se besluit volg op die vooraand van die Konstitusionele Hoof se uitspraak oor die geldigheid van Shaun Abrahams se aanstelling as hoof van die NVG.
Die raad van SA Express het Siza Mzimela as sy nuwe waarnemende bestuurshoof aangestel. Die aanstellling is met die vergunning van die minister van Openbare Ondernemings, Pravin Gordhan, gedoen. Die huidige waarnemende bestuurshoof, Matsietsi Mokholo, is in ‘n nuwe pos in die Presidensie aangestel. Mzimela se aanstelling volg kort op die Presidensie se aankondiging dat die SAL oorgedra word van die Tesourie na Gordhan se portefeulje.
Die nuutaangestelde bestuurshoof van die SAUK, Madoda Mxakwe sê die SAUK se finansiële krisis het tot gevolg dat sommige onafhanklike kontrakteurs nie verlede maand betaal is nie. Die uitsaaier sukkel ‘n geruime tyd reeds met finansiële terugslae en voortslepende regsgedinge. Mxakwe sê die SAUK is van plan om ‘n nuwe gediversifiseerde befondsingsmodel implementeer.
Die voormalige eiendomsagent, Vicki Momberg, wat tronkstraf opgelê is weens ‘n rassistiese tirade in 2016 doen vandag in die Randburgse landdroshof aansoek om borgtog. Die Hooggeregshof in Johannesburg het Maandag toestemming gegee dat sy kan appeleer teen haar skuldigbevinding en vonnis. Momberg is besig om haar tronkstraf van effektief twee jaar uit te dien. Sy sal vandag die hof vra om haar op borgtog vry te laat hangende die uitslag van haar appèlsaak.
Die polisie het ‘n jong man in Kaapstad in hegtenis geneem vir die besit van meer as 760-duisend rand se perlemoen. ‘n Polisiewoordvoerder, Frederick van Zyl, sê die 23-jarige man van Hermanus in die Wes-Kaap is in Goodwood met die perlemoen in sy motor betrap. Van Zyl sê die man sal eersdaags in die hof verskyn.
Die goewerneur van Kalifornië in Amerika, Jerry Brown, sê klimaatsverandering is die rede vir die toenemende getal bosbrande wat verwoesting saai in die staat. Minstens ses mense is in sowat 16 brande dood en tienduisende moes hul huise ontruim. Die ergste van die brande, die Carr-brand, woed reeds vir tien dae en het meer as duisend huise vernietig. Brown sê die toename in die erns en die omvang van die brande wat vir die middel van die eeu voorspel is, vind nou plaas.
Impala Platinum gaan 13 000 werkers aflê
Impala Platinum (Implats) gaan oor die volgende twee jaar 13 000 van sy werknemers by sy myn in Rustenburg laat gaan.
Gautrein winste na buiteland
Die Gautrein is reeds vir enkele dae kruppel met slegs gedeeltelike dienste wat gelewer word as gevolg van ‘n staking van personeel wat eise ver bo die inflasiekoers het.
Intussen word daar geëis dat die Gautreinse bestuursagentskap, Bombela, moet verduidelik waarom hy aan die United National Transport Union (Untu) gesê het dat Gautrein se winste aan ‘n Franse maatskappy gaan. Hierdie beweringe word nou deur Untu in die media gemaak.
VF Plus sê hy sien hierdie bewering as uiters ontstellend en skokkend en Bombela moet verduidelik waarom sy winste glo landuit gestuur word en waarom dit nie terug na Bombela gekanaliseer word nie.
Die Gautrein-bestuursagentskap ontvang jaarliks ‘n stewige bedrag geld van Gauteng se provinsiale regering om sy werksaamhede en dienste te kan verrig. Hierdie entiteit het vir die 2018/19-finansiële jaar 25% van Gauteng se departement van vervoer se totale begroting van R7,6 miljard ontvang. Dit kom neer op ‘n bedrag van sowat R2 miljard.
Die departement van vervoer in Gauteng kan dit nie bekostig om geld wat jaarliks aan Gautrein gegee word, te verloor nie. Met die departement se huidige begroting van R7,6 miljard kan hy nie eens die paaie en sinkgate herstel, nuwe paaie bou of in stand hou nie, sê VF Plus.
Bron: Die Vryburger
“Never ever” – toe gaan die krag af
Na grootdoenerige verklarings dat beurt krag nooit weer sal plaasvind nie, is inwoners in Bethlehem Maandag sonder krag gewees vir byna 24 uur.
Intussen het Eskom aangekondig dat beurtkrag ingestel gaan word, dit sal in die oggendure plaasvind en dan ook weer vanaf 17:00 tot 22:00.
Die verduideliking is dat dringende onderhoud by sekere krag stasies gedoen moet word, maar die staking van werkers dra ook daartoe by nadat loononderhandelinge weer eens vasgeval het. Werkers staak by sekere kragstasies en intimideer werkers wat wel wil werk, om aan die staking deel te neem.
Verskeie kragstasies lewer reeds minder as 50% van hulle normale krag.
Bron: Die Vryburger
Vyf ontsnap by hof
Vyf verhoorafwagtende gevangenis het Dinsdag by die Roodepoort hof ontsnap.
Vier is kort daarna weer in hegtenis geneem terwyl die vyfde nog voëlvry is.
Geen besonderhede is bekend gemaak hoe die vyf ontsnap het nie en of daar weer vanuit binnekringe hulp verleen is aan die ontsnaptes nie. Dit is ook nie bekend waarvoor hulle in hegtenis was nie.
Bron: Die Vryburger
ANC beloftes misluk: Werkloosheid styg skerp
Werkloosheid het skerp gestyg met 100 000 werkers wat werkloos geraak het in die eerste twee kwartale van 2018.
Die werkloosheidskoers staan nou op 27,2% volgens statistieke wat deur Statistiek SA vrygestel is.
Ontnugterde werksoekers se syfers staan tans op 2,9 miljoen. In die formele sektor is 35 000 poste verminder, informele sektor het 73 000 poste verminder en landbou voeg ‘n verdere 3 000 by.
Dié wat al so wanhopig geword het dat hulle nie eens meer moeite doen om werk te soek nie, het ook gestyg. Talle werkloses laat hulle nie eens meer as sodanig registreer nie wat beteken dat die syfers wat nou bekend gemaak is, nie die volle prentjie skets nie.
Dit is in skrille kontras met Cyril Ramaphosa se groot bravade dat hy die land uit die gemors uit sal regeer. Selfs die “baksteen” lande se hulp is klaarblyklik nie genoeg om die land te red nie.
Bron: Die Vryburger
Kimberley burgemeester afgesit
Die Noord-Kaapse hooggeregshof het ‘n tydelike bevel uitgereik waarin die burgemeester van die Sol Plaatje munisipaliteit, Mangaliso Matika (foto), beveel is om sy kantoor te ontruim.
‘n Mosie van wantroue teen Matika is verlede week aanvaar tydens ‘n raadsvergadering maar hy het geweier om sy pos af te staan.
Die afgelope twee weke se onrus in Kimberley was onder andere gemik teen Matika en sy wanbestuur in die raad.
Bron: Die Vryburger
Vicky Momberg kry toestemming tot appèl
Vicky Momberg wat skuldig bevind is aan sogenaamde rassistiese uitlatings is toestemming verleen om appèl aan te teken teen haar vonnis.
Sy is drie jaar tronk toe gestuur waarvan een jaar opgeskort is.
Haar vonnis het wye reaksie uitgelok aangesien ander “persone” wegkom met erger uitlatings as die k-woord.
Bron: Die Vryburger
Pro-Zuma party net vir inboorlinge
Die Mazibuye African Congress party wat glo pro-Zuma is, het aangekondig dat die party se lidmaatskap beperk is tot swart Suid Afrikaners alhoewel kleurlinge toegelaat sal word.
Geen wittes of Indiërs sal egter toegelaat word om aan te sluit by die rassistiese party nie, alhoewel finansiële bydraes van Indiërs en Blankes wel verwelkom sal word.
Bron: Die Vryburger
Lisensiebeamptes gearresteer
Nie minder nie as 13 amptenare is by lisensiekantore in onderskeidelik Germiston, Alberton, Bedfordview en Benoni in hegtenis geneem. Een van die persone was ‘n toesighouer in een van die kantore.
Die amptenare het munisipaliteite en die provinsiale departement van vervoer sowat R80 miljoen gekos in onwettige transaksies. Hierdie transaksies het behels dat voertuie met agterstallige lisensiegelde in eienaars se name geregistreer is wat reeds oorlede is om sodoende die skulde van die e-Natis stelsel te verwyder.
Dit word gewoonlik gedoen deur die registrasiedatum of aankoopdatum van die voertuig terug te skuif voor die vervaldatum van die lisensie en sodoende word die boetes nie gehef nie. Dit is onseker of daar enige dokumentasie ingehandig is om hierdie voertuie op dooie mense se name te registreer en of die amptenare dit sonder dokumentasie gedoen het.
Die VF Plus sê in sy reaksie hierop dat hy glo dat ondersoekbeamptes en Gauteng se departement van vervoer ondersoeke na korrupte bedrywighede in die provinsie se lisensiekantore nie net moet beperk tot gewone amptenare wat direk met die publiek werk nie, maar ook dieper moet begin delf na meer senior amptenare om korrupsie en bedrog in die stelsel heeltemal uit te wis. Hierdie ondersoeke moet vanaf die mees senior persoon tot by die kassier geloods word.
Bron: Die Vryburger
ANC Jeugliga bankrot
Die ANC Jeugliga is in die Johannesburgse hooggeregshof bankrot verklaar.
Dit volg nadat die liga nie hul regskoste rekening kon betaal nie.
In stukke in die hof het dit geblyk dat die liga ‘n gewoonte het om nie hul rekeninge te betaal nie.
Die ANC sal waarskynlik ‘n reddingsboei uitgooi om die instelling aan die gang te hou. Dit sal egter nie die bankrot verklaring tot niet maak nie, en daar sal waarskynlik ‘n nuwe entiteit vir die ANC jongelinge gestig moet word.
In hierdie geval dateer die skuld nog vanuit die tyd toe Julius Malema en sy trawante nog in beheer van die ANC Jeugliga was.
Bron: Die Vryburger
Vakansie kos belastingbetaler R500 000
Die winter skoolvakansie het die Kaapse onderwysdepartement, en in effek die belastingbetaler, meer as R500 000 gekos weens diefstal en vandalisme by bykans 30 skole.
Rekenaars, stowe en oonde is gesteel by die skole en die gebiede wat die ergste deurgeloop het was in die Kaapse Wynlande en die oostelike metro gedeeltes.
Bron: Die Vryburger
Tesourie los ‘n bom
Tesourie het in ‘n nuwe forensiese verslag bekend genaak dat die grootskaalse bedrog en diefstal binne Eskom vanuit eie geledere kom.
Die verslag toon hoe Matshela Koko, vorige hoofuitvoerende beampte, en Ayanda Ntete, vorige hoof van brandstof verkryging, “oortyd” gewerk het om die Gupta familie te bevoordeel en sodoende Eskom benadeel het.
‘n Vyfhonderd bladsy verslag toon Anoj Singh, Brian Molefe, Koko, Ben Ngubane, Ntete en Suzanne Daniels se betrokkenheid by skaduagtige onderhandelings by Eskom.
Bron: Die Vryburger
Sjinese medisyne gevaarlik
Terwyl Sjina sy bes probeer om groter toegang tot die Suid-Afrikaanse mark te kry na sy R33 miljard lening aan Eskom (teen ‘n besonder stewige rentekoers), is van sy produkte onder verdenking.
Sjina voer ‘n produk uit na Suid-Afrika wat in ‘n bloeddrukpil gebruik word, en daardie produk het gevaarlike chemikalieë wat moontlik kanker veroorsaak.
Die produk Valsartan wat uit Sjina kom word gebruik in die bloeddrukpil Dynaval Co. Die vervaardigers het nou die pil herroep, maar daar word gevrees dat dit te laat is vir die derduisende mense wat die produk oor ‘n langer tyd gebruik het.
Produkte wat Valsartan bevat is vroeër ook in Europa en Amerika herroep.
Mense wat Dynaval Co gebruik of besit, moet dit onverwyld terugneem na hulle apteke.
Bron: Die Vryburger
Konstitusionele hof besluit ten gunste van Overvaal
Die Konstitusionele Hof het die Departement van Onderwys se aansoek van die hand gewys waarin hulle teen die hooggeregshof se beslissing geappelleer het. Dié het bevind dat die skool nie die kapasiteit het om Engelssprekende leerlinge in te neem nie.
Die aansoek is met koste van die hand gewys en daar is bevind dat daar twee Engelssprekende skole in dieselfde omgewing is en die departement het nie die skole se kapasiteit ondersoek nie.
Daar is verder bevind dat die twee skole wel die kapasiteit gehad het om die leerlinge in te neem.
Die VF Plus gaan nou daarop aandring dat Lesufi, die Gautengse LUR wat die saak met passie gedryf het, in die wetgewer moet verduidelik wat hierdie appélsaak die belastingbetaler gekos het aangesien hierdie saak met koste van die hand gewys is. Hulle glo Lesufi moet persoonlik pa staan vir die kostes verbonde aan die saak.
Bron: Die Vryburger
Bekende digter vermoor
‘n Betreklik bekende digter, Tom Gouws, is in sy huis doodgeskiet deur swart aanvallers.
Gouws, wat woonagtig was op ‘n sogenaamde sekuriteitslandgoed buite Lynnwood, is aangeval nadat hulle by die huis aangekom het. Sy vrou en seun is nie beseer in die aanval nie.
Volgens die polisie het sewe mans die gesin ingewag by hul huis en oorval. Daar word ‘n handsak, loopfone en ‘n skootrekenaar vermis.
Vrae ontstaan hoe so ‘n groot bende ongesiens by ‘n veiligheidskompleks kan inkom en rondbeweeg.
Tom was ‘n kranige skrywer en digter en het verskeie toekennings ontvang vir sy werke.
Hy laat sy vrou, ses kinders en kleinkinders agter.
Bron: Die Vryburger
Putin en Modi sukkel met SA se diplomasie
Dit is nie net die Moslems wat probleme gee of eise stel nie maar ook die Russe en Indiërs is ongelukkig oor die diplomatieke behandeling van hul leiers in Suid-Afrika.
Die Sjinese premier, Xi Jinping, het ‘n staatsbesoek ontvang terwyl Putin nog nie met ‘n datum verskaf is nie.
Nie Putin, Modi of Brazilië se Michael Temer het Woensdag se Besigheidsforum bygewoon nie. Chaos was aan die orde van die dag terwyl Ramaphosa erken het dat die logistieke reëlings “moeilik” was vir hulle.
Diplomate het gekla oor Afrika-tyd en die kansellasies van gebeure sonder kennis.
Bron: Die Vryburger
Die weer
Temperature vir vandag vir die hoof Sentra in die land soos deur die Suid Afrikaanse Weerburo
Warmbad – Gedeeltelik bewolk en Koel in die oggend en ‘n bietjie warmer later
Min 12 Max 28
Nelspruit – Gedeeltelik bewolk met reën plek plek en koel
Min 14 Max 19
Pretoria – Sonskyn – Koel in die oggend en ‘n bietjie warmer later
Min 13 Max 25
Johannesburg – Sonskyn – Koel in die oggend en ‘n bietjie warmer later
Min 13 Max 23
Vereeniging – Sonskyn – Koel in die oggend en ‘n bietjie warmer later
Min 15 Max 25
Rustenburg – Sonskyn – Koel in die oggend en ‘n bietjie warmer later
Min 12 Max 27
Bloemfontein – Sonskyn – Koud in die oggend en ‘n bietjie warmer later
Min 7 Max 18
Kimberley – Sonskyn – Koud in die oggend en ‘n bietjie warmer later
Min 10 Max 19
Durban – Bewolk met swaar reën met tye – Koud in die oggend en ‘n bietjie warmer later
Min 16 Max 21
Oos London – Gedeeltelik bewolk met ligte reënbuie – Koel met
Min 14 Max 17
Upington – Sonskyn – Koel in die oggend en ‘n bietjie warmer later
Min 12 Max 21
Kaapstad – Gedeeltelik bewolk met reën plek plek – Koel met
Min 13 Max 19
Port Elizabeth – Gedeeltelik bewolk met ligte reënbuie – Koel met
Min 13 Max 16
En laastens
Sutherland – Gedeeltelik bewolk en baie koud met
Min -2 Max 12