Weeksdae 9:30 Aangebied deur Yolanda
Klik HIER om weer te luister
Kennisgewing
- Die Radio’s raak nie by politieke of godsdienstige argumente betrokke nie.
- Artikels en materiaal gebruik in programme is nie noodwendig die siening van die betrokke omroeper of die radiostasie nie maar die van die artikel- of berig skrywer.
- Die Radio’s gee berigte en nuus deur soos ontvang en is neutraal van enige politieke groep of agenda
Die Nuus word aangebied in samewerking tussen Netradiosa & FM stereo & FM Live Gospel Active
Nuusbrokkies
Trump laat SA linkses bontspring
Die Suid-Afrikaanse regering en ander linkses is duidelik onkant betrap deur Amerika se president Donald Trump se aankondiging dat hy sy minister van buitelandse sake gevra het om ondersoek in te stel na grondvergrype en plaasmoorde in Suid-Afrika.
Die ANC-bewind se minister van buitelandse sake het dadelik aangekondig dat Suid-Afrika sy eie sake kan oplos deur onderlinge dialoog.
Linkse joernaliste het probeer munt slaan uit ‘n enkele verkeerde stukkie inligting van Trump, maar kon nie daarmee slaag nie.
Agri SA het onmiddellik vir Trump aangeval en gesê hy blaas rassespanning aan.
‘n Verteenwoordiger van TLU SA het gesê hulle verwelkom Trump se ondersoek aangesien TLU SA al jare lank ‘n internasionale veldtog voer teen plaasmoorde, en dat hulle ook die regering se beoogde diefstal van grond aan die internasionale groot klok hang.
Die VF Plus het gesê hy het reeds ʼn versoek tot die Amerikaanse ambassade in Suid-Afrika gerig om met sy saakgelastigde ‘n gesprek te voer oor die situasie in Suid-Afrika, en in besonder die sake wat Amerika se president aangeroer het.
Net na Trump se aankondiging het die rand verswak omdat daar vrese is dat Trump moontlik sanksies kan instel teen Suid-Afrika.
Die ekonoom, Dawie Roodt, het gewaarsku dat Trump se aksie nie ligtelik opgeneem moet word nie en dat hy in staat is om die Suid-Afrikaanse ekonomie lelik seer te maak.
Bron: Die Vryburger
Boere vertrou nie Ramaphosa en sekere landbouleiers nie
Die algemene gevoel onder boere is dat mooi praatjies van president Ramaphosa en die bestuur van sekere landbou organisasies nie die ANC se verklaarde doelwitte soos in hulle Nasionale Demokratiese Revolusie dokument uiteengesit is, ongedaan sal maak nie.
Mnr. Johan Steyn, TLU-SA Oos-Kaap voorsitter, sê dat daar ‘n onverklaarbare groot opgewondenheid heers oor die onlangse vergaderings en die paaipraatjies wat daaruit spruit.
“Die gevoel onder boere op grondvlak weerspieël nie dit wat op die vergaderings bespreek is nie. Die meerderheid boere glo dat die uitlatings bloot daarop gemik is om gemoedere oor die regering se dreigende gronddiefstal te kalmeer, dit is ’n rookskerm,” het hy gesê.
Hy het daarop gewys dat dit al dikwels in die verlede as ANC werksmetode bewys is. “Hulle kommunikeer radikale doelwitte om die reaksie daarop te toets voordat hulle dit effe afwater net om later op meer slinkse manier dit wel deur te voer.”
Die ANC se langtermyn doelwitte is duidelik in hulle verskeie beleidsdokumente uiteengesit en aan almal beskikbaar wat dit belangrik genoeg ag om dit te lees en kennis te neem. Steyn sê hy glo die beginselvaste weerstand wat deur boere, veral TLU-SA se lede, teen die beoogde gronddiefstal kommunikeer is, het die regering laat terugkrabbel. Hy glo nietemin glad nie dat hulle van hulle kommunisties geïnspireerde beleid afgesien het nie.
“Ons moet besef dat ons in ’n langtermynstryd teen ’n kommunistiese regering gewikkel is. Hulle maak van elke slinkse plan gebruik – insluitend misleiding en leuens – om hulle teenstanders te paai en te mislei. Ongelukkig is daar die bestuur van sekere bedryfsorganisasies wat nog nie uit ons geskiedenis geleer het nie en bestem is om dieselfde foute oor en oor te begaan.
“Die ANC by monde van mnr. Ramaphosa en ander senior amptenare het dan al tot vervelens toe herhaal dat hulle eiendom gaan onteien sonder vergoeding. Hoekom sal hulle nou ewe skielik daarvan wil afsien?”
Steyn het beklemtoon dat die ANC geensins in feite, redelikheid, gesprekvoering en ekonomiese werklikhede belangstel nie.
“Soos ons al telkemale in Afrika noord van ons gesien het, stel kommunistiese regerings glad nie belang in die welstand van hulle burgers nie. Ook nie om die landsekonomie uit te bou nie. Zimbabwe se regering byvoorbeeld gaan nog steeds voort met hulle gefaalde beleid, ondanks die feit dat hulle hul land totaal verwoes het. En dit alles ten koste van die burgers van Zimbabwe. Boere hier in Suid-Afrika sal beslis nie sit en toekyk hoe die ekonomie tot niet gaan as gevolg van die selfgewettigde diefstal van hulle eiendom nie.”
Die feit dat al meer buitelandse regerings hulle teen die ANC se gefaalde beleid uitspreek is bewyse daarvan dat die ANC nie op ekonomiese bystand uit daardie oord sal kan staatmaak nie indien hulle sou voortgaan met hulle bose planne, sê mnr. Steyn.
Bron: Die Vryburger
Masels breek uit in Europa
Europa ondervind sy grootste vlaag masels gevalle in die afgelope tien jaar, en die aangetekende gevalle is meer as 41 000 wat ook ’n aansienlike aantal volwassenes insluit.
Dit is bykans twee keer soveel gevalle as wat in 2017 aangemeld is toe net meer as 23 000 gevalle geregistreer is.
Die gevalle wat aangemld is vir die eerste ses maande van vanjaar is dus veel meer as wat in die hele 2017 aangemeld is, en die verwagting is dat nog baie gvalle aangmeld sal word voor die einde van die jaar.
In 2017 was die totaal van byna 24 000 gevalle aangeteken as ’n rekord getal, maar vanjaar sal alle rekords oortref.
In die eerste ses maande is 37 mense dood weens masels, teenoor die 14 van die vorige jaar.
Nederland en Luxemburg het egter die minste gevalle gehad en beide lande het minder as 50 gevalle aangeteken, terwyl België sowat 70 gevalle gehad het.
Frankryk, Georgië, Griekeland, Italië, Rusland, Serwië en Oekraïne het elk meer as ’n duisend gevalle gehad.
Masels word beskou as ’n uiters gevaarlike siektetoestand en daarom is die inenting van jong kinders noodsaaklik en moet dit betyds aandag kry van die ouers.
Bron: Die Vryburger
Trump vernietig Obama klimaat-plan
Barack Obama se “klimaatplan,” wat bekend staan as “Clean Power Plan”, is deur president Donald Trump nek omgedraai deur die gebruik van steenkool verder toe te laat.
Trump het voldoen aan die steenkool sektor en daarmee die Obama plan van die tafel gevee terwyl die linkse Demokratiese Party hewig beswaar maak.
Die Demokrate sê die grootste stryd wat deur die mensdom aangepak word is juis om klimaatsverandering teen te werk, maar die president werk daarteen.
Die Barack Obama plan het glo ten doel om die koolstof vrylating te verminder, maar die voortgaan met steenkool kragsentrales wat Trump goedgekeur het, word die vrylating van koolstof gasse nie ingeperk nie.
Die beskuldiging word gemaak dat die Republikeine met president Trump op die voorpunt, nie deel vorm van die stryd teen die gebruik van steenkool nie.
Verslae toon egter dat die Obama Plan nie ’n noemenswaardige verandering teweeggebring het in die vrystelling van CO2 nie, en dit vorm deel van die verklaring waarom die Trump administrasie onttrek het uit die Klimaatsverandering projek wat in Parys van stapel gestuur is.
Bron: Die Vryburger
Franse energie reus onttrek uit Iran
Die Franse energie reus, Total, het besluit om te onttrek uit Iran nadat hy verlede jaar ’n ooreenkoms aangegaan het van $4,8 miljard in die land se olievelde waar ’n gas projek van stapel gestuur is.
Total het die besluit geneem nadat die VSA gedreig het om strafmaatreëls in te stel teen enige sakeonderneming wat steeds met Iran sake doen.
Total is Frankryk se grootste energie maatskappy, en het pas aangekondig dat hy onttrek uit die gas projek.
Die Franse maatskappy is en van die hoofrol instansies wat hulp verleen het op tegnologiese gebied om die gas projek wat as die grootste ter wêreld beskou word, te ontwikkel saam met Iran en Qatar.
Die onttrekking van Total is ’n harde slag wat Iran toegedien word, en dit kan lank neem voor ’n nuwe maatskappy gevind gaan word wat nie huiwerig is om die dreigement van Amerika te trotseer nie.
Die spanning tussen Amerika en Iran is veroorsaak nadat president Trump besluit het om die VSA te onttrek uit die kernverdrag wat Iran en Barack Obama gesluit het.
Trump het uit die ooreenkoms onttrek nadat gevind is dat Iran steeds kernwapens kan ontwikkel te midde van die akkoord wat “vol skuiwergate” is.
Finansiële ontleders sê die gebeure toon die geweldige sterk invloed wat president Donald Trump uitoefen op die wêreld politiek en veral op finansiële gebied.
Bron: Die Vryburger
Venezuela stort na benede
’n Kragtige aardbewing wat 7,3 op die Richterskaal geregistreer het, het die bankrot Venezuela verder verswak en wat honderde mense laat vlug het.
Die skudding was 400 kilometer weg van die hoofstad Caracas, waar talle geboue inmekaar gestort het.
Baie geboue is sodanig beskadig dat dit nie herstel kan word nie, en verskeie hoë geboue sal noodwendig gesloop moet word.
Mense het oor ’n wye gebied uit paniek hulle huise en kantore verlaat uit vrees dat hull onder die puin kan beland.
Die kragtige skudding se kern punt was meer as 20 km diep en by die noordwestelike stad Yaguaraparo.
Die VSA het gewaarsku dat die aardbewing ook gevaarlike see golwe, gelyk aan ’n kleiner tsoenami kan veroorsaak.
Dit is onseker hoeveel skade veroorsaak is, maar verskeie ooggetuies sê die skade is onberekenbaar groot.
Waarnemers wys daarop dat die land wat tegnies bankrot is te midde van sy ryk oliebronne, nie oor die vermoë beskik om sy skade self te herstel nie, en is besig om na benede te stort
Bron: Die Vryburger
ANC voorbok vermy tronk
Nadat die appelhof in Bloemfontein beslis het dat sy vonnis van 15 jaar tronkstraf gehandhaaf word, het ANC voorbok, John Block nie by die tronk aangemeld soos van hom verwag is nie.
Block is saam met ‘n sakeman, Christo Scholtz, skuldig bevind aan bedrog en korrupsie en vir 15 jaar tronk toe gestuur.
Die Valke is nou op die twee se spoor nadat hulle nie by die tronk aangemeld het nie, maar tog verklaar die Valke dat die twee nie as voortvlugtig beskou word nie.
Bron: Die Vryburger
Aktivis pleit by Ramaphosa
Die FeesMustFall aktivis, Bonginkosi Khanyile het hom nou gewend tot Cyril Ramaphosa om amnestie na sy skuldigbevinding.
Hy wil glo nou by die Uniegebou gaan slaap om sodoende Ramaphosa te kry om studente aktiviste te verskoon vir hul gewelddadige optrede, wat tot etlike miljoene rande se skade gelei het.
Bron: Die Vryburger
Tienerseun breek in op Apple
’n Tienerseun van Australië het oornag ’n kuberkraker status bekom toe hy daarin geslaag het om in te breek op die hoofraam van die Apple maatskappy.
Die rekenaar reus van Kalifornië het egter dadelik sy kliënte daarvan verseker dat hulle gegewens nie in gedrang gekom het nie.
Die tiener staar ernstige vervolging in die gesig en sal gedurende September in Melbourne se hof verhoor word.
Intussen het die Apple maatskappy se woordvoerder in San Francisco gevra dat die tienerseun se ongemagtigde toegang aan die Amerikaanse Federale Buro vir Ondersoeke (FBI) bekend gemaak vir moontlike opvolging.
Onlangs het die hoof van Apple gesê elke kliënt het die reg om van maatskappye te verwag om hulle persoonlike besonderhede as vertroulik te bewaar, en sekere instansies gekritiseer omdat die besonderhede van hulle kliënte nie voldoende beveilig word nie.
Bron: Die Vryburger
Weer
Temperature vir vandag vir die hoof Sentra in die land soos deur die Suid Afrikaanse Weerburo
Warmbad – Mooiweer tot baie warm
Min 15 Max 32
Nelspruit – Mooiweer tot baie warm
Min 13 Max 34
Pretoria – Sonnige dag
Min 16 Max 28
Johannesburg – Mooiweer tot matig warm in die namiddag
Min 14 Max 25
Vereeniging – Mooiweer tot warm
Min 14 Max 27
Rustenburg – Mooiweer tot baie warm
Min 14 Max 30
Bloemfontein – Koel in die oggend en matig warm in die namiddag
Min 5 Max 18
Kimberley – Bewolk en koud met reën plek plek
Min 6 Max 17
Durban – Bewolk met mot reën plek plek
Min 14 Max 20
Oos London – Bewolk en koud met verspreide reën buie
Min 11 Max 16
Upington –Bewolk en koud met mot reën met tye
Min 6 Max 15
Kaapstad – Bewolk en koud met verspreide tot swaar reën buie plek plek
Min 10 Max 15
Port Elizabeth – Bewolk met verspreide reën buie
Min 10 Max 15
En laastens
Sutherland – Bewolk en koud met verspreide reën buie
Min -3 Max 5