Weeksdae 9:30 Aangebied deur Yolanda
Klik HIER om weer te luister
https://archive.org/details/yol2018-08-27.092909
Kennisgewing
- Die Radio’s raak nie by politieke of godsdienstige argumente betrokke nie.
- Artikels en materiaal gebruik in programme is nie noodwendig die siening van die betrokke omroeper of die radiostasie nie maar die van die artikel- of berig skrywer.
- Die Radio’s gee berigte en nuus deur soos ontvang en is neutraal van enige politieke groep of agenda
Die Nuus word aangebied in samewerking tussen Netradiosa & FM stereo & FM Live Gospel Active
Nuus
SAID se herstrukturering kos R204 miljard
Die “grootse” projek van Tim Moyane om die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) te herstruktureer met die hulp van Bain & Kie, ‘n konsultante maatskappy, het die land R204 miljard gekos maar dit het eerder gelei tot die afbreek en ontbinding van strukture binne SAID.
SAID het in die proses die vermoë verloor om nakoming van invordering te moniteer en sodoende het belasting invordering in duie gestort.
Om die gate toe te stop het Moyane en SAID BTW terugbetalings weerhou (behalwe natuurlik die van die Guptas) en gelieg vir die parlement in openbare dokumente. Dit was die direkte oorsaak van die verhoging van die BTW na 15% om geld in te vorder.
Bain & Kie is R200 miljoen betaal vir werk wat aan die einde van die dag niks beteken het nie.
Dit wil voorkom of die publiek nooit werklik gaan weet in hoeverre die kriminaliteit van Moyane gestrek het nie aangesien getuies bloot weier om te getuig teen Moyane en kie.
Jonas Makwakwa was in die hele proses aandadig aangesien hy die komitee gelei het wat met Bain onderhandel het.
Bron: Die Vryburger
NVG se sake in chaos
Dit blyk dat die Guptas, sowel as Brian Molefe en Anoj Singh, vir geruime tyd rustig kan wees rondom hul vervolging aangesien die Nasionale Vervolgingsgesag se sake in ‘n gemors is.
Dit is weens Shaun Abrahams (foto) se wyse waarop hy sake deurgedruk het voordat die staat werklik gereed was om in die hof te verskyn.
Waarnemers glo so sal dinge ‘n stadige dood sterf terwyl niemand werklik verantwoordelik gehou gaan word vir diefstal en bedrog wat gepleeg is nie.
Intussen boikot Tim Moyane en Jonas Makwakwa die Nugent kommissie van ondersoek se verrigtinge
Bron: Die Vryburger
Die Kaap beleef snerpende koue
Hael en swaar sneeuval het temperature skerp laat daal in sekere dele van die Kaapprovinsie.
Ten spyte van die koue bring die swaar sneeuval mee dat damme se vlakke binnekort verder gaan styg sodra die sneeu smelt.
Blomkykers in Namakwaland en die Weskus was gekortwiek deur die koue weer en min sonskyn.
In Clanwilliam het die jaarlikse Blommeskou afgeskop met pragtige uitstallings van blomme en plante in die plaaslike kerk.
Bron: Die Vryburger
Kosplekke in Uitenhage gesluit
Tydens ‘n blits klopjag deur inspekteurs op 36 eetplekke in Uitenhage is elf plekke gesluit weens die nie-nakoming van munisipale verordeninge.
By ‘n sekere eetplek was die toilet in die kombuis geleë terwyl voorraad in sommige plekke reeds verby die vervaldatum was, wat reeds in 2015 was.
Dit blyk dat meeste van die eetplekke bedryf is deur uitlanders.
Bron: Die Vryburger
Swart besigheidsgroep eis Gordhan se kop
Die RadikaleEkonomieseTransformasie (RET) groep het geëis dat die ANC Pravin Gordan moet afdank as minister as gevolg van sy optrede teen swart bestuurders en staatsbeheerde entiteite.
Hierdie groep, wat bekend is vir hul steun aan hoofman Zuma, wys deur hierdie optrede dat hul bedrog en omkopery steun, solank dit swart besigheidsmense is wat daarby baat.
Bron: Die Vryburger
VF plakkate verskeur by Tukkies
Die anti-Afrikanersentiment by die voormalige Voortrekker Universiteit, Tukkies, het die afgelope week weer sterk geblyk toe die ANC en EFF skynbaar kragte saamgesnoer het om VF Plus se plakkate vir die studenteraadsverkiesing op te skeur.
Die VF Plus-jeug sê in reaksie dat hy ten sterkste die EFF en ANC se radikale en onverdraagsame optrede afkeur.
Die VF Plus se SR-presidensiële kandidaat, mnr. Daniël Viljoen, was die teiken van openlike rassistiese uitsprake tydens sy presidensiële kandidaat-toespraak.
Dit is ook die tweede keer dat die OVK mnr. Viljoen se verkiesingsplakkate moet vervang nadat vandale dit opgeskeur het.
Nog meer kommerwekkend is dat die UP hierdie klein groepe EFF- en ANC-studente toelaat om die atmosfeer op die kampus te ontwrig en te vergiftig. Dit wil voorkom asof die UP nie net bereid is om hierdie gedrag te aanvaar nie, maar om ook onmiddellik toe te gee aan die ontwrigters se eise.
Dit is juis hierdie toegewings wat ‘n valse gevoel van vrede op die kampus skep wat tot die vernietiging van studente-kultuur, verdeeldheid en die opstel van groepe teen mekaar lei, sê VF Plus Jeug.
“Die VF Plus sal nie toegee aan die intimidasie of die rassehaat van hierdie radikale groepe op die kampus nie. Die party verteenwoordig die konserwatiewe Christelike minderheid op die kampus en is daar om aan minderhede ‘n stem te gee teen hierdie vernietiging van morele- en gemeenskapswaardes.”
Bron: Die Vryburger
EFF lei nou Kovsies
Die boodskap wat Sonwabile Dwaba, nuutverkose studenteraad-president (SR-president) van die Universiteit van die Vrystaat (UV) en EFF-verteenwoordiger Donderdag uitbasuin het, is dat wit studente en hul geskiedenis nie welkom is op kampus nie.
Dwaba het studente versoek om hom te help om “Steyn te laat val”, met verwysing na die standbeeld van oud-president MT Steyn.
Tammy Wessels van VF Plus sê die UV se droom van versoening en gelyke geleenthede vir almal is die nekslag toegedien met die uitsprake van die nuutverkose SR-president. Onverdraagsaamheid, haat, nyd, wanbegrip, rassisme en ‘n gebrek aan kennis was die ondertoon van Dwaba se toespraak en is ‘n aanduiding van wat die komende termyn gaan behels.
Dieselfde MT Steyn wie se standbeeld glo vir sekere studente aanstoot gee se visie was juis ‘n hoër-onderwysinstelling in die Vrystaat, naamlik die UV, waar hierdie einste studente nou die voorreg tot hoër onderrig geniet.
Bron: Die Vryburger
Weer
Temperature vir vandag vir die hoof Sentra in die land soos deur die Suid Afrikaanse Weerburo
Warmbad – Mooiweer tot warm
Min 13 Max 28
Nelspruit – Bewolk met verspreide reënbuie
Min 13 Max 16
Pretoria – Mooiweer tot warm
Min 12 Max 23
Johannesburg – Koud in die oggend maar matige warm in die namiddag
Min 8 Max 18
Vereeniging – Koud in die oggend en warmer in die namiddag
Min 8 Max 19
Rustenburg – Sonnige dag
Min 8 Max 23
Bloemfontein – ‘n Koue dag
Min 4 Max 13
Kimberley –Koud in die oggend en matig warm in die namiddag
Min 6 Max 14
Durban – Bewolk met mot reën plek plek
Min 15 Max 19
Oos London –Mooiweer tot warm
Min 15 Max 18
Upington – Koel tot matig warm in die namiddag
Min 6 Max 15
Kaapstad – Bewolk en koud met ligte reën plek plek
Min 6 Max 12
Port Elizabeth – Gedeeltelik bewolk en koud
Min 10 Max 6
En laastens
Sutherland – ysige koue dag met motreën
Min -3 Max 2