You are currently viewing Potgooi – Nuus en Weer 28 Augustus 2018

Potgooi – Nuus en Weer 28 Augustus 2018

Weeksdae 9:30 Aangebied deur Yolanda

Klik HIER om weer te luister

https://archive.org/details/yol2018-08-28.092844

Kennisgewing

  1. Die Radio’s raak nie by politieke of godsdienstige argumente betrokke nie.
  2. Artikels en materiaal gebruik in programme is nie noodwendig die siening van die betrokke omroeper of die radiostasie nie maar die van die artikel- of berig skrywer.
  3. Die Radio’s gee berigte en nuus deur soos ontvang en is neutraal van enige politieke groep of agenda

Die Nuus word aangebied in samewerking tussen Netradiosa & FM stereo & FM Live Gospel Active

Nuus

 

Grondbesetting in Kaap neem toe met 249%

Sedert Julie 2017 tot einde Junie 2018 het meer as 925 protes insidente plaasgevind teenoor die 265 van die vorige jaar.

Burgemeesterskomitee lid van veiligheid en sekuriteit van die Kaapstadse stadsraad, JP Smith (foto), het die proteste en verwante grondbesettings bevestig tydens ‘n vrystelling van statistieke vir die genoemde tydperk.

Ernstige skade is ook berokken aan die infrastruktuur van geboue en voertuie van die raad.

‘n Verdere kommerwekkende saak is die toename van aanvalle op metro polisielede wat ‘n toename van 180% getoon het.

Bron: Die Vryburger

Twee leerlinge dood in skool

Twee leerlinge in die Masakhaneni Hoërskool is dood na ‘n mesgeveg by die skool oor ‘n selfoon.

Die oorledenes was onderskeidelik 18 en 20 jaar oud.

Die LUK van onderwys in Natal het gevra dat leerlinge beter dissipline en respek vir mekaar moet toon tydens ‘n besoek by die skool na die voorval.

Onderwyskundiges wys op die gevaarlike toestand van die multikulturele toestand van die land en die feit dat dit is waaraan blanke kinders al hoe meer blootgestel gaan word soos gedwonge integrasie in staatskole plaasvind.

Bron: Die Vryburger

Eers skool eksamens, nou justisie

Kandidaat prokureurs van regoor die land sal ‘n nuwe rondte eksamens moet aflê nadat dit bekend geword het dat al vier eksamen vraestelle “uitgelek” het.

Die Regsgenootskap van SA het aangekondig dat ‘n nuwe datum in Oktober vasgestel sal word vir die eksamens.

Dit sal interessant wees om te hoor wie die lekkasie veroorsaak het en by wie die vraestelle uitgekom het.

Regskenners is bekommerd oor die feit dat selfs die regstelsel dag vir dag ook uitrafel.

Bron: Die Vryburger

Johannesburgse substasie brand

‘n Substasie van City Power in Eikenhof, suid van Johannesburg, het aan die brand geraak wat kragonderbrekings veroorsaak het in Naturena, Kibler Park, Alved, Rand Water, Eikenhof en Logharin.

Die Johannesburgse tronk is ook sonder krag.

Volgens foto’s sal daar weinig oorbly van die substasie selfs na die brand geblus is, en dit is onseker hoe lank die gebiede sonder elektrisiteit sal moet klaarkom.

Skynbaar is gebrek aan onderhoud die rede vir die brand.

Dele van Sentraal-Transvaal en die Wes-Transvaal sal sonder water wees weens die ontploffing van die sub kragstasie in Eikenhof.

Bron: Die Vryburger

Valke se naam in gedrang

Daar is ‘n jakkals los onder die Valke nadat Mcebisi Jonas in sy verklaring voor die Nugent kommissie gesê het dat ’n senior Valke beampte gepoog het om ‘n klag te wat hy teen die Guptas gelê het, terug te trek.

Die hoof van die Valke, luit.-genl. Godfrey Lebeya, sê dat die eenheid onverpoos werk om hul naam skoon te kry na die slegte nuus.

Die naam van genl.-maj. Zinhle Mnonopi word genoem as ‘n persoon wat ‘n verklaring aan Jonas voorgelê het vir ondertekening – dit was ‘n vals verklaring wat hy geweier het om te onderteken.

Bron: Die Vryburger

Aktiviste kry geen grasie

Die minister van justisie, Michael Masutha, het aangekondig dat geen vrystelling van vervolging aan studente gegee sal word aan studente wat betrokke was by die FeesMustFall chaos proteste nie. Die moontlikheid van presidensiële kwytskelding is egter wel genoem.

Gesien sal word as studente nou opmars en chaos veroorsaak oor die beslissing of Masutha nie dan maar weer gaan toegee nie.

Bron: Die Vryburger

Die land brand maar partye speel politiek

Die Nelson Mandela Baai speaker, Jonathan Lawack, is tydens ‘n mosie van wantroue uit sy pos geskop. Die besluit is met 60 teen 59 geneem nadat ‘n DA lid buite stemming gebly het wat aan die ANC die meerderheidstem gegee het.

Pogings om Athur Trollip (foto) as burgemeester te verwyder is al weke aan die gang met koalisies wat uitmekaar val.

Intussen is die raad se sake in chaos wat dienslewering betref asook klagtes van bedrog teen sittende raadslede. Die lid wat buite stemming gebly het, Victor Manyati, is as ‘n “hond” uitgeskel deur sy mede DA raadslede en summier geskors.

Daarna het daar weer ‘n stemming plaasgevind waartydens Trollip ook verwyder is as burgemeester nadat die DA lede uitgestap het. Daar is egter nou ‘n dispuut of daardie stemming wettig was aangesien daar skynbaar geen kworum meer was nie.

Waarskynlik sal die saak nou weer op belastingbetalerskoste in die hof draai.

Bron: Die Vryburger

Weer

 

Temperature vir vandag vir die hoof Sentra in die land soos deur die Suid Afrikaanse Weerburo

Warmbad – Mooi weer & warm

Min 12 Max 24

Nelspruit – Bewolk en koud met verspreide reënbuie

Min 11 Max 20

Pretoria – Koue dag

Min 12 Max 23

Johannesburg – Koue dag

Min 11 Max 19

Vereeniging – Mooi weer & warm

Min 11 Max 24

Rustenburg – Mooi weer & warm

Min 11 Max 22

Bloemfontein – Koud in die oggend en ‘n matige warm namiddag

Min 7 Max 16

Kimberley – Sonnige dag

Min 11 Max 17

Durban – Gedeeltelik bewolk & warm

Min 16 Max 22

Oos London – Mooi weer & warm

Min 14 Max 22

Upington – Gedeeltelik bewolk en koud

Min 10 Max 20

Kaapstad – Bewolk en koud met verspreide reënbuie plek plek

Min 12 Max 16

Port Elizabeth – Bewolk en koud met verspreide reën

Min 13 Max 18

En laastens

Sutherland – Baie koue dag

 

Leave a Reply