Weeksdae 9:30 Aangebied deur Yolanda
Klik HIER om weer te luister
https://archive.org/details/yol2018-08-29.092834
Kennisgewing
- Die Radio’s raak nie by politieke of godsdienstige argumente betrokke nie.
- Artikels en materiaal gebruik in programme is nie noodwendig die siening van die betrokke omroeper of die radiostasie nie maar die van die artikel- of berig skrywer.
- Die Radio’s gee berigte en nuus deur soos ontvang en is neutraal van enige politieke groep of agenda
Die Nuus word aangebied in samewerking tussen Netradiosa & FM stereo & FM Live Gospel Active
Nuus
Theresa May steun die ANC teen Afrikaners
Die Britse eerste minister, mev. Theresa May, wat tans op besoek aan Suid-Afrika is, het, nadat sy deur ’n verslaggewer gekonfronteer was, bevestig dat sy die ANC en Cyril Ramaphosa se beleid oor gronddiefstal ondersteun.
Die aanvanklike verwagting was dat mev. May haar nie oor die ANC se grondgryp-beleid sou uitspreek nie. In teenstelling daarmee dat vooraanstaande wêreldlande soos Australië en die VSA (en mnr Donald Trump by name) hulle kommer oor die ANC-beleid uitspreek, het die Britse eerste minister haar nou aan die kant van Ramaphosa en die ANC geskaar. Haar voorwaarde is dat dit “wettig” moet geskied. Mev. May het nie uitgespel hoe jy diefstal wettig nie.
Mnr. Louis van der Schyff, hoofsekretaris van die HNP (foto), sê hierdie uitspraak van die Britse eerste minister bevestig nie net Brittanje se steun aan die kommunistiese ANC-regime nie, maar ook Brittanje se voortdurende vyandskap teenoor die Afrikanervolk.
“Ons moet nie vergeet nie dat toe die ANC en die Kommunistiese Party deur die destydse Afrikanerregering verban was om wet en orde in Suid-Afrika te handhaaf, die ANC se hoofkantoor in Londen gehuisves was. Die terroriste-aanslae van die ANC was vanuit daardie kantoor georganiseer.
“Uit die feit dat mev. May nou die diefstal van Blankes se eiendom goedkeur, kan die Witman en die Afrikaner net een afleiding maak: Die vyandskap van Brittanje teenoor die Afrikanervolk is nie op 31 Mei 1902 met die Vrede van Vereeniging beëindig nie. Dit duur voort in die gedaante van Cyril Ramaphosa se ANC,” sê mnr. Van der Schyff.
Bron: Die Vryburger
TLU SA verheug oor Trump ondersoek
TLU SA glo dat sy jarelange internasionale veldtog om veral plaasmoorde onder die wêreld se aandag te bring, resultate begin oplewer, en daarom is hy verheug oor Amerika se president Donald Trump se aankondiging dat hy ‘n ondersoek na plaasmoorde gelas het, en ook na die moontlikheid van grondonteiening.
“TLU SA was al verskeie kere in die buiteland oor die sake, en sal dit weer doen as die geleentheid hom voordoen,” sê TLU SA se president, mnr. Louis Meintjes. “Ons het reeds binnelands alles probeer om die regering te beweeg om plaasmoorde en die beveiliging van boere te prioretiseer. Eweso het ons reeds alle gevare uitgewys wat met die land se ekonomie gaan gebeur as produktiewe grond onteien gaan word en die pad volg van die grondhervorming tot dusver, waar meer as 95% van voormalig produktiewe grond onproduktief geword het en waar plase verval het.
“Sou die regering bowendien voortgaan om politieke aksies bo ekonomies regverdigbare aksies te stel, loop hy die gevaar dat Suid-Afrika homself ook uit die Agoa ooreenkoms kan stel, met verdere uiters negatiewe gevolge vir die ekonomie.
“Die regering wil nie na ons motiverings luister nie, en daarom verwelkom ons enige buitelandse ondersteuning in hierdie aangeleenthede, en distansieer ons onsself van uitsprake wat beledigend is teenoor pres. Trump,” sê mnr. Meintjes.
Bron: Die Vryburger
Wet op gronddiefstal eers teruggetrek
Die Komitee van Publieke Werke het besluit om die voorgestelde wet op grond onteiening terug te trek, maar slegs totdat die gesamentlike Konstitusionele Hersieningskomitee hul werk voltooi het rondom gronddiefstal.
Hierdie is dus maar net ‘n vertragings taktiek en ‘n nuwe wet met meer “tande” sal voorgelê word wat sal toesien dat die grondkwessie vinniger geskied.
Die VF Plus het ook kennis geneem dat die wet onttrek is en glo die rede daarvoor is om die proses van onteiening sonder vergoeding te bespoedig deurdat die proses vereis dat wanneer die Grondwet gewysig word, die wysiging deur gewone wetgewing moet geskied.
“Dit is dus duidelik dat die ANC hom nie van stryk laat bring deur berade en voorstelle van die landbousektor oor hoe om grondhervorming te versnel nie, en dat hy eensydig voortgaan om die Grondwet te wysig om voorsiening te maak vir onteiening sonder vergoeding,” sê dr. Pieter Groenewald (foto).
Hy sê die ANC mislei die publiek en landbou-organisasies deur voor te gee dat hy planne en voorstelle om grondhervorming te versnel verwelkom, en sodoende wek hy die indruk dat hy nie sal voortgaan met onteiening sonder vergoeding nie.
“Hierdie onttrekking deur die portefeuljekomitee van die wetsontwerp wat al in 2015 opgestel is, dien as duidelike bewys dat die ANC die Grondwet sal wysig om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak en om Suid-Afrika sodoende op ʼn vernietigingspad te plaas wat sal eindig in ‘n Zimbabwe-situasie.”
Bron: Die Vryburger
Nog ‘n Valk betrokke by Zuma
Tydens Vytjie Mentoor (foto) se getuies voor die kommissie van ondersoek rondom Staatskaping het dit aan die lig gekom dat nog ‘n amptenaar van die Valke betrokke was om Zuma teen vervolging te beskerm.
Die naam van Mandla Mtolo word genoem as die persoon wat Mentoor genader het om Zuma se naam te verwyder uit die klagstaat teen die Guptas wat sy gelê het.
Bron: Die Vryburger
Eikenhof substasie sabotasie
Dit blyk dat die brand by die City Power substasie nie ‘n elektriese fout was nie maar sabotasie.
So sê die burgemeester van Johannesburg, Herman Mashaba.
Die brand het buite die substasie ontstaan terwyl die transformator beskadig is sodat olie kon uitlek en so aan die brand kon slaan.
Bron: Die Vryburger
Heidelberg (Tvl) brand
Chaos het in die swart woonbuurt van Heidelberg ontstaan nadat geboue aan die brand gesteek en winkels geplunder is.
Die “protes” is glo weens die gebrek aan krag in die woonbuurt. 54 persone waaronder 12 minderjariges is gearresteer.
Volgens berigte is ‘n winkel in die blanke woonbuurt Rensburg ook aan die brand gesteek. Klagtes rondom uitlanders soos Pakistani’s doen ook die rondte.
Bron: Die Vryburger
Kuberkraker slaan toe op gov.za
‘n Kuberkraker het daarin geslaag om die regering se webtuiste te “sluit” en toegang tot die web is nie moontlik nie.
Die persoon onder die naam notorius hacker @VirusSec het die media gekontak en gesê dat hul van plan is om die webtuiste binne te dring. ‘n Paar minute later is dit gedoen. In ‘n boodskap aan die media het die persoon gesê die huidige regering is vrate en dinge moet verander.
Bron: Die Vryburger
Wag by KNP gevang
‘n Wag wat in diens is van die Kruger Nasionale Park se gewapende tegniese afdeling is gearresteer vir wildstroping.
Die verdagte het saam met drie ander persone die park binnegekom en by nadere ondersoek is ‘n hoë kaliber geweer, ammunisie en ander toerusting gevind wat verband hou met wildstroping.
Die ander drie verdagtes het egter uit aanhouding ontsnap en is steeds op vrye voet.
Waarnemers wys daarop dat baie misdaad gepleeg word deur of in samewerking met mense van binne, wat die diefstal, bedrog en omkopery inisieer.
Bron: Die Vryburger
Weer
Temperature vir vandag vir die hoof Sentra in die land soos deur die Suid Afrikaanse Weerburo
Warmbad – Mooi weer & warm
Min 11 Max 24
Nelspruit – Bewolk met mot reën plek plek
Min 13 Max 24
Pretoria – Mooi weer & warm
Min 14 Max 23
Johannesburg – Sonnige dag
Min 12 Max 20
Vereeniging – Mooi weer & warm
Min 12 Max 25
Rustenburg – Mooi weer & warm
Min 12 Max 23
Bloemfontein – Sonnige dag
Min 10 Max 21
Kimberley – Mooi weer & warm
Min 14 Max 25
Durban – Mooi weer & warm
Min 18 Max 22
Oos London – Sonnige dag
Min 16 Max 21
Upington – Mooi weer & warm
Min 15 Max 27
Kaapstad – Koel tot matig warm
Min 13 Max 18
Port Elizabeth – Gedeeltelik bewolk
Min 10 Max 18
En laastens
Sutherland – Sonnige dag
Min 3 Max 15