You are currently viewing Nedbank bevestig leningskuld terugbetaling

Nedbank bevestig leningskuld terugbetaling

Nedbank bevestig leningskuld terugbetaling

Die bankgroep Nedbank het bevestig dat verbandhouers verantwoordelik gehou sal word vir die terug betaling van lenings, selfs as grond deur die regering onteien sou word sonder vergoeding.
Hierdie nuus is bevestig deur Kedibonea Molopyane, hoof van Nedbank se media afdeling.
Volgens die bank is ‘n leningsooreenkoms bindend, ongeag enige vorm van sogenaamde grondhervorming.
Landbou-ekonome is verstom oor Nedbank se benadering, aangesien in die meeste gevalle verbande oor die grond geneem is as sekuriteit van die bank. Nou wil dit voorkom of die bank nie die moed het om die grond by die stelende regering op te eis as deel van sy vergoeding nie, maar eerder die besteelde grondeienaar in totale bankrotskap sal wil dompel. Bron:Die Vryburger

Leave a Reply