You are currently viewing Potgooi – Nuus &  Weer 9:30 10 September 2018 – Maandag

Potgooi – Nuus & Weer 9:30 10 September 2018 – Maandag

Weeksdae Aangebied deur Yolanda om 9:30

Klik HIER om weer te luister

https://archive.org/details/yol2018-09-10.093052

Kennisgewing

  1. Die Radio’s raak nie by politieke of godsdienstige argumente betrokke nie.
  2. Artikels en materiaal gebruik in programme is nie noodwendig die siening van die betrokke omroeper of die radiostasie nie maar die van die artikel- of berig skrywer.
  3. Die Radio’s gee berigte en nuus deur soos ontvang en is neutraal van enige politieke groep of agenda

Die Nuus word aangebied in samewerking tussen Netradiosa & FM stereo & FM Live Gospel Active

Nuus

Brandstofprys “ontploffing”

Alle aanduidings is daar dat die brandstofprys in Oktober met bykans R1,15 kan styg. Dit kan die prys van brandstof deur die R17 grens laat bars wat hoër kospryse en vervoerkoste teweeg sal bring.

Dit ten spyte van Cyril Ramaphosa se versekering dat die resessie net ‘n tegniese en tydelike probleem is.

Die hoër brandstofprys gaan die inflasiekoers egter nog verder onder druk plaas, wat indiensneming gaan belemmer en wat geen verligting aan die resessie sal bring nie.

Zuma besig met “staatsgreep”?

Van staatskaping tot staatsgreep, sê politieke ontleders nadat gerugte die rondte doen dat Jacob Zuma besig is, met behulp van top ANC lede, om Cyril Ramaphosa te verwyder.

Volgens die gerugte is Ace Magashule, Supra Mahumapelo, Meokgo Matuba (ANC vroue-liga), en Thaduxolo Sabelo saam gesien in Durban tydens ‘n “geheime” vergadering.  Alle die aanwesiges ontken die vergadering ten spyte van foto’s wat die teendeel bewys.

Dit kom glo weens die poging van Ramaphosa om korrupsie en staatskaping bloot te lê en die skuldiges te vervolg. Sabelo noem dat dit ‘n ‘n “terloopse ontmoeting” was met Magashule.

Ramaphosa sê los ons uit

Grondonteiening sonder vergoeding sal plaasvind, ongeag of Suid-Afrikaners, Donald Trump of die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies, daarvan hou of nie.

Dit was die uitdagende uitspraak van Cyril Ramaphosa.

Intussen sê VF Plus dat die openbare sittings voor die parlementêre grondwetlike hersieningskomitee oor moontlike wysigings aan Artikel 25 van die Grondwet om voorsiening te maak vir onteiening sonder vergoeding, besig is om ‘n verleentheid te raak vir die ANC-regering.

Dr. Corné Mulder sê dit raak duidelik dat die voorleggings nie uitspeel soos die ANC voorsien het nie. Die oorgrote meerderheid voorleggings deur kundige partye is nie net sterk gekant teen die onteienings-voorstel nie, maar lewer ook skerp kritiek op ANC-beleid en bevoegdheid oor die mislukking van die grondhervormingsprogram tot dusver.

Die hersieningskomitee is tans besig met sy tweede ronde sittings en die sterk teenkanting teen die verandering van Artikel 25 van die Grondwet het sterk na vore gekom.

Hierdie sittings die afgelope vier dae was spesifiek om instellings wat in hulle skriftelike voorleggings gevra het om mondelings te kom getuig die geleentheid daartoe te gee. Die teenkanting teen die wysiging van Artikel 25 van die Grondwet word duidelik onderstreep deur die feit dat 33 of (82%) van die 40 mondelinge voorleggings gekant was teen die verandering van Artikel 25 van die Grondwet. Slegs 7 of (12%) was ten gunste daarvan.

Die ANC sal hierdie teenkanting, asook die meerderheid teenkanting wat in skriftelike voorleggings uitgespreek is, nie kan ignoreer nie. Meer as 700 000 skriftelike en elektroniese voorleggings is ingedien waarvan sowat 60% teen die wysiging gekant was.

ʼn Proses van openbare deelname is van die grootste belang om legitimiteit te verleen aan die skep van enige nuwe wet, maar ook aan enige beplande verandering van ʼn wet. In hierdie geval meer so aangesien die land se Grondwet ter sprake is, sê dr. Mulder.

Nog ‘n Reënboog mislukking

Die Johannesburgse DA-burgemeester, Herman Mashaba, het gesê dat die stad nie toegerus is om brande te hanteer nie.

Dit is na die fiasko met die Bank van Lisabon se brand verlede week waarin drie brandbestryders gesterf het.

Volgens Mashaba is daar ‘n krisis as daar rampe sou plaasvind.

Hoekom na bykans 25 jaar onder die nuwe bedeling rampe en brande skielik nie meer hanteer word nie, word gevra. Ontleders wys daarop dat daar met feitlik alles gesukkel word, van dienslewering tot bedrog, staatskaping, diefstal, moord en verkragting.

 Nou is dit Tesourie se tyd

Die waarnemende rekenmeester-generaal, Zanele Mxunyelwa (foto) het ‘n R3 miljard tender goedgekeur terwyl twee kollegas dit verwerp het.

Die kontrak was om breëband ontvangs in die Oos-Kaap te lewer deur die oprigting van 2 700 persele.

Zanele is een van Malusi Gigaba se aanstellings ‘n jaar gelede.

Dubbelslagtigheid van banke

Slegs ‘n week of wat nadat die bankvereniging,Basa, aangekondig het dat hul ‘n fonds sal stig om bestaansboere en agtergeblewe boere te finansier om plase te bekom het hulle nou gekom en gesê dat dit die ekonomie sal seermaak.

Banke sê R1,6 triljoen wat belê is in onder andere eiendoms lenings is klaarblyklik op die spel, en vandaar nou die weerstand teen grond diefstal.

Trein bende slaan toe

Een persoon is dood en agt beseer toe gewapende bendes pendelaars op ‘n Kaapse trein aangeval het en hulle beroof het van hul besittings.

Van die pendelaars is uit die trein gegooi en ernstig beseer.

Prasa is “geskok” oor die gebeure, maar steeds meer geweld en vandalisme kom veral op Kaapse treine voor sonder dat dit lyk of daar enige vordering is om dit aan te spreek

Bron: Die Vryburger

Weer

 

Temperature vir vandag vir die hoof Sentra in die land soos deur die Suid Afrikaanse Weerburo

Warmbad – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 19 en Max 34

Nelspruit – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 11 en Max 24

Pretoria – Sonnig met ‘n Min 15 en Max 21

Johannesburg – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 11 en Max 19

Vereeniging – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 10 en Max 22

Rustenburg – Sonnig met ‘n Min 10 en Max 22

Bloemfontein – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 6 en Max 18

Kimberley – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 10 en Max 19

Durban – Gedeeltelik bewolk met reën plek plek met ‘n Min 15 en Max 20

Oos London – Gedeeltelik bewolk met reën plek plek met ‘n Min 15 en Max 20

Upington –      Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 13 en Max 23

Kaapstad – Sonnig met ‘n Min 13 en Max 21

Port Elizabeth –   Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 14 en Max 19

En laastens

Sutherland – Sonnig met ‘n Min 6 en Max 16


 

Leave a Reply