You are currently viewing Potgooi – Nuus 9h30 – 19 September 2018 Woensdag

Potgooi – Nuus 9h30 – 19 September 2018 Woensdag

Weeksdae Aangebied deur Yolanda om 9:30 (CAT)

Klik HIER om weer te luister

 

 

https://archive.org/details/NuusWeer19Sept2018Yol20180919.092942

Kennisgewing

  1. Die Radio’s raak nie by politieke of godsdienstige argumente betrokke nie.
  2. Artikels en materiaal gebruik in programme is nie noodwendig die siening van die betrokke omroeper of die radiostasie nie maar die van die artikel- of berig skrywer.
  3. Die Radio’s gee berigte en nuus deur soos ontvang en is neutraal van enige politieke groep of agenda

Die Nuus word aangebied in samewerking tussen Netradiosa, FM stereo, & FM Kive Gospel Active

 

TLU SA hou kongres

TLU SA se algemene jaarkongres vind vandag en more in Pretoria plaas.

Aangesien die ANC staatshoof so daarvan hou om op strate rond te loop en met mense te gesels, is hy ook genooi om TLU SA se kongres by te woon. Behalwe vir ‘n ontvangserkenning van sy kantoor, het Ramaphosa nie eens die moeite gedoen om ‘n antwoord te verskaf nie.

Die tema van die kongres is “Dag Zero vir kos op die tafel”, en daar sal besprekings wees oor hoe landbou behoort vorentoe te gaan op ‘n ekonomiese basis.

TLU SA spog daarmee dat hy die laaste tyd ‘n hele aantal nuwe lede ingeskryf het, en die verwagting is dat vanjaar se kongres nog beter bygewoon gaan word as die reeds uitstekende bywoning  verlede jaar, toe dié unie sy 120ste verjaardag gevier het.

Bron die Vryburger

Absa en die Guptas

Absa het reeds in 2014 die Gupta rekeninge begin bevraagteken toe groot somme geld sonder verduideliking vanaf die Oakbay rekening oorgeplaas is na ander banke.

Absa het na hersiening alle bande met die Guptas verbreek in Desember 2015.

Absa is soos FNB en Standard Bank deur die regerende party genader om die Gupta rekeninge te bespreek en wel deur Gwede Mantashe, Enoch Godongwana, Jesse Duarte en Krish Naidoo. ‘n Versoek deur Mosebenzi Zwane om ‘n ministeriële komitee te ontmoet is van die hand gewys.

Hierdie getuies tydens die staatskaping ondersoek toon dat nie net Jacob Zuma betrokke was by die Guptas se duistere bedrywighede nie maar verskeie kabinetsministers ook. Dit wil voorkom of die verrotting van bo af dwars deur die kabinet geloop het tot by meeste van die staatsentiteite.

Bron die Vryburger

Plaaswerkers se lot

Volgens die grootbaas van die SA Kommuniste Party, Blade Nzimande, sal die grondkwessie plaasarbeiders raak en Cosatu sal moet gereed wees om die werkers te help.

Waarnemers vertolk dit dat die grond dus maar gesteel kan word, solank die werkers op die plase net versorg word.

Dit is wat kommunisme vir die land beteken, aldus die sekretaris generaal van die SAKP.

Bron die Vryburger

Denel en die Guptas

Feitlik daagliks sien meer onthullings die lig van hoe die omstrede Gupta-broers bevoordeel is deur staatsinstellings.

In die jongste geval het OUTA tydens die Zondo kommissie in ‘n voorlegging getoon dat Denel ook betrokke was om die Guptas te verryk, en wel onder Daniel Mantsha, die prokureur wat eens geskors was toe heringestel is (en tans Zuma snr. se prokureur is).

Mantsha is deur Lynn Brown aangestel  terwyl Denel  in 2015 sterk in besigheid was met bestellings van R35 miljard en nou bykans bankrot is.

Verdediging tegnologie was ook ter sprake met die onderhandelings met VR Laser, ‘n Gupta beheerde maatskappy.

Bron die Vryburger

Ramaphosa waarsku Ace

In ‘n kwalik bedekte verklaring het Cyril Ramaphosa verwys na Ace Magashule se “vergadering” saam met Jacob Zuma.

Volgens Ramaphosa moet daar nie tyd spandeer word aan teen-revolusionêre gekonkel wat die ANC verswak nie. Sou daar ‘n sameswering wees dan moet die sameswering wees om armoede te verlig, aldus Ramaphosa.

Magashule was teenwoordig toe Ramaphosa die uitlatings gemaak het by Cosatu se nasionale vergadering.

Waarnemers glo die magstryd is besig om sy tol te eis in die binne kringe van die ANC.

Bron die Vryburger

Kaapstad damme 70% vol

Vir die eerste keer sedert 2015 het die Kaapstadse damme die 70% kerf bereik en met voorspelde reëns vir die nabye toekoms, kan die vlakke nog styg.

Daar moet egter gelet word daarop dat September maand die laaste maand van die winter reënval seisoen is en inwoners is versoek om steeds spaarsamig te wees met water gebruik om die komende somer in te gaan.

Waterbeperkings sal eers in Oktober hersien word terwyl boere die regering versoek het om die 60% landbou waterbeperkings te verlig sodat skade van die afgelope droogte herstel kan word.

Bron die Vryburger

Standard Bank afgedreig deur Zwane

Ian Sinton van Standard Bank het voor die Zondo kommissie getuig hoe die destydse minister van minerale sake, Mosebenzi Zwane, die bank versoek het om nie die Gupta rekenings te sluit nie, waarop die minister daarop gewys is dat die bank nie die wette kan oortree nie.  Zwane se antwoord was dat hy die wet sal laat verander wat dit dan onwettig sal maak vir banke om rekeninge net te sluit.

Zwane, in die teenwoordigheid van Mildred Oliphant, toe die minister van arbeid, het sover gegaan om die bank te herinner dat hul lisensie om ‘n bank te bedryf in gevaar gestel word as die bank nie meer toegewend is rakende versoeke van die regering nie.

Jacob Zuma het later verklarings wat deur Zwane uitgereik was, gerepudieer synde “nie komend van die kabinet, die president of die regering” nie.

Bron die Vryburger

Vosloorus hospitaal gesluit

Die Neonatale eenheid asook die kraam eenheid van die Vosloorus hospitaal is gesluit na die uitbreek van Klebsiella, wat reeds die dood van ses babas tot gevolg gehad het.

Die reeds oorvol hospitale in Gauteng sal nou verdere druk moet hanteer met pasiënte wat na hulle verwys word. Nou word daar gesê dat Gauteng meer hospitale nodig het met ‘n 132% bed besetting.

Die staat kan die huidige gesondheidstoestand nie hanteer nie, en al hoe meer twyfel ontstaan of hulle die nuwe gesondheidswet sal kan deurvoer of afdwing.

Volgens Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, is die toestroming van uitlanders deels verantwoordelik vir oorvol hospitale.

Bron die Vryburger

Swart naweek in Natal

Twee studente is die afgelope naweek vermoor in aparte insidente by Natalse universiteite.

By Durban Westville universiteit is het ‘n 22-jarige student gesterf na ‘n mes aanval terwyl nog ‘n student by die Universiteit van Zoeloeland deur ‘n groep studente aangeval nadat hy ‘n medestudent gedood het.

Intussen was daar ontwrigting by die Durban Technikon kampusse oor die nie-betaling van maaltyd toelaes nie.

Bron die Vryburger

Steenkool krisis kan lei tot beurtkrag

Meer as 25% van Eskom se kragstasies het slegs steenkool vir tien dae.

Die “groot” plan om steenkool van Medupi in Ellisras aan te ry na die Oos-Transvaalse kragstasies het klaarblyklik nie van die baan gekom nie.

Met die komende reënseisoen gaan dit nog moeiliker wees om steenkool te vervoer, terwyl nat steenkool dikwels as rede gegee word vir beurtkrag.

Tien kragstasies het slegs 20 dae se steenkool voorraad terwyl vyf kragstasies minder as tien dae se voorraad het.  Verbruikers moet hulle regmaak vir hernude beurtkrag.

Bron die Vryburger

Weer

 

Temperature vir vandag vir die hoof Sentra in die land soos deur die Suid Afrikaanse Weerburo

Warmbad – Sonskyn en buitengewoon warm

Min 15 Max 38

Nelspruit – Sonnig en buitengewoon warm,

Min 16 Max 40

Pretoria – Sonnig en bloedig warm

Min 15 Max 36

Johannesburg – Sonnig en baie warm

Min 12 Max 33

Vereeniging – ‘n Sonnige dag en bloedig warm

Min 8 Max 35

Rustenburg – Mooiweer tot bloedig warm

Min 13 Max 38

Bloemfontein – ‘n Aangename sonnige dag

Min 2 Max 23

Kimberley – Koud in die oggend met matig warm in die namiddag

Min 4 Max 22

Durban – Bewolk met reën; ligte motreën in die middag

Min 16 Max 22

Oos London – Bewolk, koel tot matig

Min 8 Max 20

Upington – Sonnig, effens bewolk en koel

Min 5 Max 18

Kaapstad – Bewolk met verspreide tot swaar reën  plek plek, effense sonskyn in die namiddag

Min 5 Max 13

Port Elizabeth – Bewolk met reën, effens sonskyn deur die loop van die dag

Min 8 Max 17

Sutherland –  Baie koue dag met oggendreën of sneeu

Min -4 Max 6


 

Leave a Reply