Weeksdae Aangebied deur Yolanda om 9:30
Klik HIER om weer te luister
https://archive.org/details/yol2018-09-20.092849
Kennisgewing
- Die Radio’s raak nie by politieke of godsdienstige argumente betrokke nie.
- Artikels en materiaal gebruik in programme is nie noodwendig die siening van die betrokke omroeper of die radiostasie nie maar die van die artikel- of berig skrywer.
- Die Radio’s gee berigte en nuus deur soos ontvang en is neutraal van enige politieke groep of agenda
Die Nuus word aangebied in samewerking tussen Netradiosa & FM stereo & FM Live Gospel Active
Nuus
TLU SA hou kongres
TLU SA se algemene jaarkongres vind vandag en more in Pretoria plaas.
Aangesien die ANC staatshoof so daarvan hou om op strate rond te loop en met mense te gesels, is hy ook genooi om TLU SA se kongres by te woon. Behalwe vir ‘n ontvangserkenning van sy kantoor, het Ramaphosa nie eens die moeite gedoen om ‘n antwoord te verskaf nie.
Die tema van die kongres is “Dag Zero vir kos op die tafel”, en daar sal besprekings wees oor hoe landbou behoort vorentoe te gaan op ‘n ekonomiese basis.
TLU SA spog daarmee dat hy die laaste tyd ‘n hele aantal nuwe lede ingeskryf het, en die verwagting is dat vanjaar se kongres nog beter bygewoon gaan word as die reeds uitstekende bywoning verlede jaar, toe dié unie sy 120ste verjaardag gevier het.
Bron die Vryburger
Absa en die Guptas
Absa het reeds in 2014 die Gupta rekeninge begin bevraagteken toe groot somme geld sonder verduideliking vanaf die Oakbay rekening oorgeplaas is na ander banke.
Absa het na hersiening alle bande met die Guptas verbreek in Desember 2015.
Absa is soos FNB en Standard Bank deur die regerende party genader om die Gupta rekeninge te bespreek en wel deur Gwede Mantashe, Enoch Godongwana, Jesse Duarte en Krish Naidoo. ‘n Versoek deur Mosebenzi Zwane om ‘n ministeriële komitee te ontmoet is van die hand gewys.
Hierdie getuies tydens die staatskaping ondersoek toon dat nie net Jacob Zuma betrokke was by die Guptas se duistere bedrywighede nie maar verskeie kabinetsministers ook. Dit wil voorkom of die verrotting van bo af dwars deur die kabinet geloop het tot by meeste van die staatsentiteite.
Bron die Vryburger
Hooftrekke
- Die Hooggeregshof in Pretoria sal vandag ‘n appèlaansoek aanhoor oor ‘n kostebevel teen voormalige president Jacob Zuma. Dit hou verband met ‘n beslissing in Desember verlede jaar dat Zuma self verantwoordelik is vir die regskoste om die bekendmaking van die vorige Openbare Beskermer se aanbevelings in die verslag oor staatskaping, te keer. Die EFF en ander partye betwis die aansoek.
- In nog ‘n hoë profielsaak in die Hooggeregshof in Pretoria sal die EFF se beswaar oor die grondwetlikheid van die Wet op Oproerige Byeenkomste aangehoor word. Die EFF-leier, Julius Malema, word ingevolge dié wetgewing aangekla in sake in Bloemfontein en Newcastle en voer aan dat die wetgewing voortspruit uit die apartheidsera. Malema staan tereg op aanklagte dat hy mense aangemoedig het om grond onwettig te beset.
- Die wapenvervaardiger, Rheinmetall Denel Munitions hou vandag ‘n gedenkdiens vir die agt werknemers wat twee weke gelede dood is in ‘n ontploffing by die aanleg naby Somerset-Wes. Die identiteit van die slagoffers is verlede week amptelik bevestig nadat forensiese ondersoeke afgehandel is. Die oorsaak van ontploffing is nog onbekend, maar die maatskappy het vroeër gesê aanduidings is dat dit moontlik veroorsaak is toe skietkatoen aan die brand geraak het.
- Die vier kinders wat in ‘n brand in Alexandra naby Johannesburg dood is, word vandag begrawe. Daar is gister ‘n gedenkdiens vir hulle gehou by die Thusong Jeugsentrum in Alexandra. Hulle ma’s wat hulle alleen tuis gelaat het, het aansoek gedoen vir spesiale toestemming om die begrafnis by te woon. Dit is onduidelik of dit toegestaan is. Die ma’s is tans in aanhouding en staan tereg op aanklagte van kinderverwaarlosing en strafbare manslag.
- Die Menseregtekommissie gaan die families van die ses babas bystaan wat dood is in die klebsiella-uitbreking by die Thelle Mogoerane hospitaal. Die kommissie het gister die hospitaal in Vosloorus aan die Oosrand besoek nadat talle babas klebsiellaverwante longontsteking opgedoen het. Die oorvol neo-natale eenheid is as een van die redes uitgewys waarom die bakterieë versprei het. Die woordvoerder van die kommissie, Buang Jones sê hulle sal gratis as bemiddelaar optree tussen die families en die Departement van Gesondheid om vergoeding te eis en die regskoste te beperk.
- Die Kaapstadse Kamer van Koophandel het die benoeming van Alan Winde as die DA se premierskandidaat vir aanstaande jaar se algemene verkiesing verwelkom. Die DA-leier, Mmusi Maimane het gister aangekondig dat Winde die voorkeurkandidaat is. Die president van die Kamer, Janine Myburgh, sê Winde is ‘n ervare politikus wat hard werk aan werkskepping en ekonomiese stimulasie.
- Die ANC se hoof van die presidensie, Zizi Kodwa sê die veroordeelde bedrieër, Kessie Nair, moet met die volle mag van die gereg te doen kry, omdat hy president Cyril Ramaphosa die K-woord genoem het. In ‘n video op sosiale media staan Nair by sy uitlatings. Hy beskuldig Ramaphosa daarvan dat hy Suid-Afrika in die steek laat en nie genoeg doen om misdaad en werkloosheid te verminder nie. Kodwa sê rassistiese gedrag is onaanvaarbaar en dat die regbank sterk standpunt moet inneem en Nair tronk toe moet stuur.
- Nhlanhla Nene, minister van finansies (foto), het onthul dat meer as die helfte van die land se munisipale bestuurders en hoof finansiële beamptes nie voldoen aan die minimum bevoegdheidskriteria nie.
Op navraag het hy gesê dat slegs 79 van die 218 finansiële beamptes behoorlik gekwalifiseerd is terwyl daar in bykans 40 munisipaliteite vakatures bestaan vir beide die bestuurder en finansiële bestuurders.
Diegene tans in poste gaan 18 maande kans gegee word om die nodige kwalifikasies te verkry.
Waarnemers vra nou hoeveel gemors gaan in die 18 maande plaasvind?
- Moord en verkragting styg in Gauteng volgens die nuutste statistieke wat vrygestel is.
Verder sukkel die departement van gemeenskapsbeveiliging om
akkurate syfers te verskaf aangesien die
meerderheid van die oortreders “ongedokumenteerd” is.
Handelsmisdaad het toegeneem sowel as die besit van onwettige
vuurwapens en ammunisie.
Een ligpuntjie is dat die statistiek vir dwelmverwante misdade
drasties gaan daal na die wettiging van dagga…
- Dele van Bryanston, Rivonia, Lonehill, Douglasdale en Paulshof sit sonder water sedert Woensdag.
Rand Water se verklaring is dat die vlak van water by die Bryanston
water toring te laag is en tans gesluit is.
Water voertuie verskaf water by sekere winkel sentrums.
Gebarste water pype is glo een rede vir die lae vlakke maar dit is
seker ook swak beplanning en – instandhouding wat die skuld moet
kry.
- Twee mense is dood in die storm Ali wat in die weste van Brittanje en Ierland woed. ‘n Vrou is dood toe haar woonwa by ‘n afgrond afgewaai is. In nog ‘n voorval is ‘n man dood toe ‘n boom op hom geval het. Duisende huise in die gebied is sonder elektrisiteit, vragmotors het omgewaai en ‘n passasierskip se ankertoue het gebreek. Meer as 50 vlugte na en van die Dublin Lughawe is gekanselleer.
Weer
Temperature vir vandag vir die hoof Sentra in die land soos deur die Suid Afrikaanse Weerburo
Warmbad – Gedeeltelik bewolk en baie warm
Min 16 Max 29
Nelspruit – Gedeeltelik bewolk met reën plek plek,
Min 13 Max 18
Pretoria – Gedeeltelik bewolk en baie warm
Min 15 Max 31
Johannesburg – Gedeeltelik bewolk en baie warm
Min 14 Max 29
Vereeniging – Gedeeltelik bewolk en baie warm
Min 15 Max 31
Rustenburg – Gedeeltelik bewolk en baie warm
Min 16 Max 33
Bloemfontein – Gedeeltelik bewolk
Min 10 Max 22
Kimberley – Gedeeltelik bewolk
Min 12 Max 22
Durban – Gedeeltelik bewolk met ligte reënbuie en koud
Min 8 Max 16
Oos London – Gedeeltelik bewolk met reën plek plek
Min 15 Max 18
Upington – Gedeeltelik bewolk
Min 15 Max 22
Kaapstad – Gedeeltelik bewolk en koel
Min 12 Max 15
Port Elizabeth – Gedeeltelik bewolk met reën plek plek koud met
Min 6 Max 16
Sutherland – Gedeeltelik bewolk en koud
Min 0 Max 14