Weeksdae Aangebied deur Yolanda om 9:30
Klik HIER om weer te luister
https://archive.org/details/yol2018-09-24.092847
Kennisgewing
1. Die Radio’s raak nie by politieke of godsdienstige argumente betrokke nie.
2. Artikels en materiaal gebruik in programme is nie noodwendig die siening van die betrokke omroeper of die radiostasie nie maar die van die artikel- of berig skrywer.
3. Die Radio’s gee berigte en nuus deur soos ontvang en is neutraal van enige politieke groep of agenda
Die Nuus word aangebied in samewerking tussen Netradiosa & FM stereo & FM Live Gospel Active
Nuus
Repokoers bly onveranderd
Die resessie het klaarblyklik die SA Reserwebank gedwing om die uitleen koers onveranderd te hou.
Drie van die sewe lede van die bank se monetêre beleidskomitee het egter gevra vir ‘n 25 basispunt verhoging.
Die bank voorsien dat die BBP groei vir 2018 op 0,7% gaan staan teenoor die voorspelling van 1,2% in Julie.
Bron: Die Vryburger
Zuma op geheime besoek aan Qatar
Jacob Zuma het na verneem ‘n geheime besoek afgelê by Sjeik Tamim bin Hamad as-Thani van Qatar, en skynbaar daarmee die staat se protokol verbreek.
Nie die departement van Internasionale betrekkinge of die SA ambassade in Doha was bewus van die besoek nie terwyl die presidensie ook volgens protokol reëls in kennis gestel moes gewees het van so ‘n besoek.
Die SA ambassadeur in in Qatar, Faizel Moosa, het glo vir Lindiwe Sisulu en Cyril Ramaphosa gekontak na hy bewus geraak het van die besoek.
Bewerings dat Zuma geld soek vir sy regskostes of permanente verblyf in Qatar soek word genoem as redes vir sy besoek.
Kontak met die Guptas word ook genoem vir sy geheime besoek.
Bron: Die Vryburger
SAUK in moeilikheid oor R1 miljard salaris rekening
Die moontlikheid bestaan dat die SAUK etlike honderde werkers gaan aflê as deel van sy herstruktureringsproses.
Hieronder is die aflegging van duisende werknemers om sy R3,1 miljard salarisrekening te besnoei.
Veral die liberale pers is bekommerd dat die SAUK nie finansieel gaan oorleef nie, terwyl daar in volkskringe vreugdevure sal brand as die staatsuitsaaier en hoof propagandis tot niet sou gaan.
Bron: Die Vryburger
Die waarheid is uit: SA hoogs onveilig
Die 2018 Global Peace Indeks toon dat SA die gevaarlikste en mees gewelddadige land op die aarde is.
Die indeks wat deur die Instituut vir Ekonomie en Vrede uitgebring is, gebruik drie kategorieë, naamlik militarisering, veiligheid en sekuriteit en internasionale konflik om hul bevindings te staaf.
Volgens vredesstandaarde beklee SA die 125ste plek uit 163 lande, met slegs lande soos Afganistan en Sirië wat slegter vaar as SA.
Twee faktore, naamlik geweldsmisdade en moorde plaas SA in die top posisie in die wêreld.
Ten spyte van pogings van polities korrektes en die linkse media wat wil glo dat Cyril Ramaphosa die oplossing vir die land is, is hy steeds die president van die moordmekka van die wêreld
Bron: Die Vryburger
‘n Komitee om ‘n komitee te adviseer
‘n Komitee van tien is aangestel om die regering se interministeriële komitee oor grondhervorming te adviseer.
Aan die hoof is die president van die suiwer swart African Farmers Association van SA (Afasa), Vuyu Mahlati. Ander lede sluit in Ruth Hall van Universiteit Wes Kaap, Mohammed Karaan van US, advokaat Temba Ngcukaitobi van Johannesburg, Bulelwa Mabasa, ‘n prokureur , Thandi Ncgobo Universiteit Natal, Wandile Sihlobo van die Landbou Besigheids Kamer, Dan Kriek (foto) van AgriSA (wat glo in “progressiewe strategie en visies om eenheid in landbou te bewerkstellig”), Thato Moagi ‘n opkomende “boer”, en Nick Serfontein voorsitter van die Sernick groep wat glo dat landbou ‘n bydrae moet lewer tot nasiebou. Ramaphosa het die tien geloof vir “hul visie vir ‘n regverdige en billike toekoms vir alle Suid Afrikaners”.
Bron: Die Vryburger
Samro ook in moeilikheid
Die Suid-Afrikaanse Musiek Regte Organisasie (Samro) is ‘n organisasie wat kopiereg en verspreidingsregte van musiek invorder vir komponiste en sangers.
Die liggaam vorder ongeveer R400 miljoen jaarliks in wat dan versprei moet word tussen die lede.
‘n Omstrede belegging van R47 miljoen in Dubai het geen dividende opgelewer nie en Sipho Dlamini, vorige hoofuitvoerende beampte van Samro, word nou blameer vir die belegging wat sy breinkind sou wees.
Twee persone in Dubai, Mohamed Khalaf en Yaser Aljabal, is meer as R510 000 “salaris” per maand betaal om Samro te vervang net ‘n meer winsgewende maatskappy.
Dlamini ontken sy betrokkenheid en plaas die blaam op die Raad van Samro.
Waarnemers glo dat Dubai se betrokkenheid by staatskaping dalk aansienlik groter is as wat tot dusver geglo.
Bron: Die Vryburger
Ekonomiese groeiplanne net praatjies
Die planne wat president Cyril Ramaphosa nou aangekondig het om ekonomiese groei in Suid-Afrika te stimuleer, klink na blote lippediens aan kiesers en beleggers wat bekommerd en ontevrede is oor die kreeftegang van die land se ekonomie.
VF Plus se leier, dr. Pieter Groenewald, sê so lank as wat die ANC-regering voortgaan om met skadelike beleid soos onteiening sonder vergoeding beleggers af te skrik, en solank die staatsdiens se doeltreffende funksionering lamgelê word met “affirmative action”, sal geen ekonomiese plan groei bewerkstellig nie, al klink dit hoe goed op papier.
Ramaphosa se planne sluit in die stigting van ekonomiese forums om groei te stimuleer, die herprioretisering van openbare besteding om werkskepping aan te help, die stigting van ‘n infrastruktuur-fonds en dringende optrede om probleme in die onderwys en gesondheidsdiens te behandel.
Hy maak ook melding van die verbetering van munisipale infrastruktuur en die noodsaaklikheid daarvan om beleggers in veral mynbou te lok.
Die VF Plus se standpunt is dat die herprioretisering van openbare besteding om werkskepping aan te help, nie groter skuld en lenings tot gevolg moet hê nie. Die regering moet binne sy begroting bly.
“Hy moet nie ‘n werkskepper wees nie, maar sy taak is om deur sinvolle beleid en wetgewing ‘n omgewing te skep wat bevorderlik is vir ekonomiese groei. Dit sal beleggers lok en lei tot werkskepping.
“Net die teenoorgestelde gebeur egter en beleidsbesluite, soos onteiening sonder vergoeding, rig enorme skade aan wat nie deur ‘n paar welklinkende voorstelle ongedaan gemaak sal word nie,” sê dr. Groenewald.
Hy sê Ramaphosa spel ook nie uit presies hoe hy die planne in werking wil stel en uitvoer nie. Soos by munisipaliteite gesien word, is geld vir instandhouding en opgradering wel beskikbaar, maar ‘n kombinasie van onbevoegdheid en korrupsie maak die uitvoering van enige plan haas onmoontlik.
“Dit sou die president loon om eerder planne aan te kondig om produktiwiteit en beleggersvertroue in die land te verbeter deur weg te doen met ‘affirmative action’ en skadelike arbeidswetgewing. Dan sal ekonomiese groei vanself volg.”
Bron: Die Vryburger
Weer
Temperature vir vandag vir die hoof Sentra in die land soos verskaf deur die Suid Afrikaanse Weerburo
Warmbad – Sonnig maar effens bewolk, en baie warm
Min 15 Max 33
Nelspruit – Gedeeltelik bewolk en baie warm
Min 16 Max 30
Pretoria – Gedeeltelik bewolk
Min 14 Max 31
Johannesburg – Gedeeltelik bewolk en baie warm
Min 13 Max 30
Vereeniging – Gedeeltelik bewolk en baie warm
Min 14 Max 31
Rustenburg – Gedeeltelik bewolk maar baie warm
Min 13 Max 30
Bloemfontein – Bewolk met matige tot warm toestande
Min 11 Max 29
Kimberley – Bewolk en baie warm
Min 16 Max 31
Durban – Grotendeels bewolk met reën
Min 21 Max 25
Oos London – Sonnig maar bewolk met tye
Min 17 Max 23
Upington – Bewolk maar baie warm
Min 20 Max 34
Kaapstad – ‘n Sonnige dag
Min 12 Max 20
Port Elizabeth – ‘n Sonnige, aangename dag
Min 15 Max 22
Sutherland – Sonnig en matig tot warm
Min 8 Max 24