Weeksdae Aangebied deur Yolanda om 9:30
Klik HIER om weer te luister
https://archive.org/details/yol2018-09-25.092837
Kennisgewing
- Die Radio’s raak nie by politieke of godsdienstige argumente betrokke nie.
- Artikels en materiaal gebruik in programme is nie noodwendig die siening van die betrokke omroeper of die radiostasie nie maar die van die artikel- of berig skrywer.
- Die Radio’s gee berigte en nuus deur soos ontvang en is neutraal van enige politieke groep of agenda
Die Nuus word aangebied in samewerking tussen Netradiosa & FM stereo & FM Live Gospel Active
Nuus
Menseregte prokureur bots met Mantashe
Tydens ‘n “toer” van Gwede Mantashe het inwoners wat gekant is teen die myn van minerale suid van die Wildekus, gebots met die minister van Minerale Bronne, Gwede Mantashe.
Richard Spoor (foto), ‘n menseregte prokureur, is na ‘n woordestryd met Mantashe, in hegtenis geneem en polisie moes traangas gebruik om te oproermakers uit mekaar te jaag.
Spoor is later op borgtog vrygelaat en sal vandag in die hof verskyn.
Die gemeenskap is nie kans gegee om hul griewe te lug nie en dit het tot die woordestryd gelei.
Bron: Die Vryburger
DA vra dat hulde gebring moet word aan Kodesa-gangers
Tydens die viering van sogenaamde Erfenisdag het die DA hulde gebring aan die sogenaamde Kodesa-gangers.
Die DA leier het gevra dat hulde gebring moet word aan diegene wat bereid was om saam om die tafel te gaan sit voor die oorgawe in 1994.
Verder het hy uitgebrei oor sy lewe as ‘n kind van ‘n Tswana en Xhosa ouers terwyl hy met ‘n wit vrou getroud is. Sy kinders ontvang dus ‘n geskiedenis soos dié van Suid Afrika: ‘n mengelmoes wat glo gelukkig is.
Die DA se plan is om alle mense bymekaar te bring aldus Maimane.
Bron: Die Vryburger
Prasa stop alle spoor bedrywighede in Natal
Die spooragentskap Prasa het alle spoor bedrywighede in Natal gestaak na vandalisme en meer as R8 miljoen se skade by die Umlazi stasie deur meer as 1 000 oproermakers, terwyl vier voertuie in Durban aan die brand gesteek is.
Volgens plaaslike regering woordvoerders is daar ‘n element van misdaad, vandalisme, diefstal, trein kapings en aanranding van personeel in Natal.
Alvorens die veiligheid van personeel en passasiers nie gewaarborg kan word nie, sal daar geen spoor bedrywighede in Natal wees nie.
Bron: Die Vryburger
EFF vra vir Die Stem se verwydering
Daar word nie maklik met die EFF saamgestem nie maar hul versoek op “menseregte dag” dat Die Stem se gedeelte uit die sogenaamde reënboog volkslied gehaal moet word het meriete, word in volkskringe gesê.
Die Nkosi volkslied, wat ‘n universele god aanroep, is ‘n aanstoot vir enige regdenkende Afrikaner en om gedeeltes van Die Stem daarin op te geneem het, is skreiend.
Bron: Die Vryburger
Ramaphosa se “pakkie” ou nuus
Volgens ekonome is die besigheid aankondiging van Cyril Ramaphosa reeds voorheen gedoen en is daarom ou nuus van sover terug as vyf jaar gelede. Hier en daar is daar net ‘n sousie oor gegooi, sê die ekonome.
Volgens die SA Kamer van Handel en Nywerheid sal hul graag wil sien waar werksgeleenthede geskep gaan word, waar fondse gevind gaan word en hoe “nuwe” beleid skielik beter gaan werk as die huidige beleid.
Dus is Ramaphosa se planne niks anders as beloftes van dinge wat nie haalbaar is nie.
Bron: Die Vryburger
Belastingbetalers dok op vir Mandela
Die Suid-Afrikaanse belastingbetaler moes weer opdok vir die semi-god, Nelson Mandela.
Hierdie keer het die Suid-Afrikaanse regering ‘n beeld van Nelson Mandela aan die VN geskenk, en is dit deur Cyril Ramaphosa onthul terwyl hy die VN se algemene vergadering in New York bywoon.
Antonio Gutteres, die sekretaris-generaal van die VN, het Suid-Afrika bedank vir die skenking van die standbeeld aan die VN.
Wat die koste van die beeld en die vervoer daarvan per koerier was, is nie bekend nie. Die VN het egter eers enkele weke gelede besluit om die beeld te aanvaar, nadat Suid-Afrika dit as geskenk aangebied het.
Die beeldhouers is twee Afrikaners, André Otto en André Prinsloo, wat die werk wat normaalweg drie maande duur, is die helfte van die tyd af te handel. Waarnemers sê as “affirmative action” beeldhouers die opdrag sou gekry het, dit nie betyds afgehandel sou gewees het nie.
Bron: Die Vryburger
Die weer
Temperature vir vandag vir die hoof Sentra in die land soos verskaf deur die Suid Afrikaanse Weerburo
Warmbad – Deurgaans ‘n sonnige en warm dag
Min 15 Max 32
Nelspruit – Sonnig en baie warm
Min 16 Max 33
Pretoria – Sonnig en baie warm
Min 14 Max 30
Johannesburg – Sonnig en warm
Min 12 Max 28
Vereeniging – Deurgaans ‘n sonnige en baie warm dag
Min 12 Max 30
Rustenburg – ‘n Sonnige en baie warm dag
Min 13 Max 33
Bloemfontein – Bewolk maar warm en winderig
Min 9 Max 30
Kimberley – Bewolk, maar warm en winderig
Min 12 Max 33
Durban – Sonnig maar effens bewolk en baie warm
Min 20 Max 30
Oos London – Grotendeels bewolk maar warm
Min 14 Max 28
Upington – Sonnig maar gedeeltelik bewolk en baie warm
Min 8 Max 31
Kaapstad – Gedeeltelik bewolk en koel met reenbuie
Min 13 Max 16
Port Elizabeth – Sonnig maar gedeeltelik bewolk met ‘n ligte wind
Min 12 Max 21
Sutherland – Sonnig, effens bewolk en koel
Min 3 Max 18