You are currently viewing Potgooi – Nuus 9:30  27 September 2018 -Donderdag

Potgooi – Nuus 9:30 27 September 2018 -Donderdag

Aangebied deur Yolanda Weeksdae om 9:30 (CAT)

Klik HIER om weer te luister

https://archive.org/details/yol2018-09-27.092835

Kennisgewing

  1. Die Radio’s raak nie by politieke of godsdienstige argumente betrokke nie.
  2. Artikels en materiaal gebruik in programme is nie noodwendig die siening van die betrokke omroeper of die radiostasie nie maar die van die artikel- of berig skrywer.
  3. Die Radio’s gee berigte en nuus deur soos ontvang en is neutraal van enige politieke groep of agenda

Die Nuus word aangebied in samewerking tussen Netradiosa, FM Stereo & FM Live Gospel Active

Nuus

Tesourie skryf R23 miljard af, SAL kry nog geld

Die Tesourie het aangekondig dat hulle bykans R23 miljard afgeskryf het van die regering se belegging in SAL. In die vorige boekjaar is R13 miljard afgeskryf en Tesourie verwag dat SAL verliese sal toon tot en met 2020.

Volgens ekonome is dit duidelik dat die goue eend se eiers nog steeds gesteel word deur staatsentiteite wat nie winsgewend is nie, ten spyte van Ramaphosa se verklaring in New York by die VN dat korrupsie gestop gaan word en staatsentiteite nie meer finansieel gehelp gaan word nie.

Bron: Die Vryburger

Belastingbetalers dok op vir Mandela

Die Suid-Afrikaanse belastingbetaler moes weer opdok vir die semi-god, Nelson Mandela.

Hierdie keer het die Suid-Afrikaanse regering ‘n beeld van Nelson Mandela aan die VN geskenk, en is dit deur Cyril Ramaphosa onthul terwyl hy die VN se algemene vergadering in New York bywoon.

Antonio Gutteres, die sekretaris-generaal van die VN, het Suid-Afrika bedank vir die skenking van die standbeeld aan die VN.

Wat die koste van die beeld en die vervoer daarvan per koerier was, is nie bekend nie. Die VN het egter eers enkele weke gelede besluit om die beeld te aanvaar, nadat Suid-Afrika dit as geskenk aangebied het.

Die beeldhouers is twee Afrikaners, André Otto en André Prinsloo, wat die werk wat normaalweg drie maande duur, is die helfte van die tyd af te handel. Waarnemers sê as “affirmative action” beeldhouers die opdrag sou gekry het, dit nie betyds afgehandel sou gewees het nie.

Die Vryburger

 SAPD vuurwapen afdeling in chaos

Die polisie het beheer verloor oor SA se vuurwapens.

Volgens inligting is die polisie se sentrale vuurwapen register in chaos.

Die SA Vuurwapen en Ammunisie Handelaars Vereniging beweer dat die polisie toelaat dat rekenaar programme en sagteware lisensies verval en dat die elektroniese kontak tussen SAPD en handelaars nie korrek geïmplimenteer word nie.

Brig. Vishnu Naidoo wou geen kommentaar lewer nie buiten deur te sê dat daar hangende wetgewing op pad  is.

Die Vryburger

Huise van Stompie se ma en Winnie opgeknap

Die ma van Stompie Seipei se huis gaan deur die ANC in Parys opgeknap word.

Stompie en drie ander minderjariges is deur Winnie Mandela se lyfwagte in 1988 gekaap. Hy is beskuldig daarvan dat hy ‘n apartheid spioen is en is later op die wrede halssnoer  wyse tereg gestel.

Na Winnie Mandela se afsterwe in April die jaar het Ace Magashule die ma van Stompie belowe dat haar huis opgeknap sal word.

Mandela is na Stompie se dood nooit vervolg nie en later is sy van alle blaam onthef.

Skynbaar voel die ANC na dertig jaar eers skuldig vir dade van hul kaders.

Intussen word  Winnie Mandela se huis in Brandfort, wat deesdae ‘n museum is, op koste van die belastingbetalers opgeknap vir R1,6 miljoen.

Daar is egter bewerings van korrupsie by die opknappingspoging, maar dit wil nie voorkom of daar ondersoek na dié bewerings gedoen word nie.

Die Vryburger

SAUK kry nog meer geld

Die bodemlose put van staatsentiteite word net dieper en dieper, en die staat moet meer geld skenk aan die SAUK vir die plek se voortbestaan.

Nog meer verstommend is dat parlementslede die versoek goedgekeur het!

Daar is darem kommer oor die groot salaris pakkette en die groot aantal bestuurders.

Weereens is daar nie ‘n bedrag gekoppel aan die reddingsboei wat nog ‘n keer aan die SAUK gegee moet word nie. Belastingbetalers sal eers mettertyd uitvind hoeveel hulle opgedok het om die regering se propaganda instelling aan die gang te hou.

Die Vryburger

SA op rand van ineenstorting

Ekonome waarsku dat Suid-Afrika op die rand van ‘n ekonomiese krisis is.

Die resessie, werkloosheid, die rand se daling in waarde asook internasionale ontwikkelinge is faktore wat die rooi ligte laat flikker.

Die graderings agentskap Fitch het Dinsdag 25 September verklaar dat die sogenaamde stimulus pakkie van Cyril Ramaphosa nie werklik enige voordeel of groei van die ekonomie gaan bewerkstellig nie.

Fitch gradeer SA se kredietwaardigheid tans as onder beleggingswaarde.

Die Vryburger

Trump waarsku SA

In geen onduidelike terme nie het Donald Trump Suid Afrika, en alle ander lande, gewaarsku dat hy buitelandse hulp sal staak indien die lande die VSA nie respekteer nie.

Trump het tydens sy VN toespraak aangekondig dat die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Mike Pompeo, opdrag gegee is om ondersoek in te stel of lande wat geldelike hulp ontvang ook die belange van die VSA op die hart dra.

Suid Afrika is reeds vroeër die jaar gelys as een van die top 10 lande wat anti-VSA sentimente toon as dit by stemming kom rondom VSA resolusies by die VN.

Hierdie waarskuwing kom juis in ‘n tyd dat verhoudings tussen die VSA en SA  stram is na Trump se twiet dat gronddiefstal en plaasmoorde ondersoek moet word.

Met SA se kruipery by die Sjinese kan dit ook verhoudinge verder vertroebel.

 

Die Weer

Temperature in jou area vir vandag, soos verskaf deur die Suid-Afrikaanse Weerdienste

Warmbad – Sonnig en baie warm

Min 20 Max 34

Nelspruit – Gedeeltelik bewolk en warm

Min 19 Max 31

Pretoria – Sonnig en baie warm

Min 17 Max 32

Johannesburg – Sonnig, baie warm

Min 15 Max 30

Vereeniging – Gedeeltelik bewolk en warm

Min 14 Max 31

Rustenburg – Sonnig en buitengewoon warm

Min 17 Max 37

Bloemfontein – Sonnig en baie warm

Min 18 Max 31

Kimberley – Sonnig en baie warm

Min 9 Max 31

Durban – Sonnig en aangenaam met matige temperatuur

Min 19 Max 24

Oos London – Sonnig, matig tot warm

Min 14 Max 25

Upington – Sonnig en baie warm

Min 12 Max 32

Kaapstad – Bewolk met afwisselende reenbuie

Min 13 Max 18

Port Elizabeth – ‘n Aangename, sonnige dag

Min 12 Max 22

Sutherland – Gedeeltelik bewolk en matig

Min 7 Max 19

Leave a Reply