Aangebied Weeksdae om 9:30 (CAT) deur Yolanda
Klik HIER om weer te luister
https://archive.org/details/yol2018-10-01.092817
Kennisgewing
- Die Radio’s raak nie by politieke of godsdienstige argumente betrokke nie.
- Artikels en materiaal gebruik in programme is nie noodwendig die siening van die betrokke omroeper of die radiostasie nie, maar die van die artikel- of berig skrywer.
- Die Radio’s gee berigte en nuus deur soos ontvang en is neutraal van enige politieke groep of agenda
Die Nuus word aangebied in samewerking tussen Netradiosa, FM Stereo & FM Gospel Live Active
Lesotho en Gauteng musikante roer mekaar
‘n Vete tussen musikante van Lesotho en Gauteng is klaarblyklik die oorsaak van ‘n skietery buite Ficksburg waarin vier persone gedood en agt gewond is. Die polisie het ‘n taakspan saam gestel om die skiet voorval te ondersoek.
Bron: Die Vryburger
Metrospoor “ontspoor”
Een passasies is doodgeskiet terwyl drie Metrospoor treine weer afgestaan is aan die brand brigade van die Kaap. ‘n Trein in die Paarl, een in Firgrove en een in Kaapstad stasie was die teiken van brandstigters. Daar is reeds in Julie berig dat skade aan treine Metrospoor meer as R210 miljoen gekos het die afgelope vyf jaar.
Bron: Die Vryburger
ANC webtuiste en skuld
Volgens berigte is die ANC se web tuiste tydelik “gesluit” weens beweerde nie-betaling van bykans R30 miljoen diensgelde. Unwmbi Communications, ‘n Kaapse diensverskaffer, het na berig hul prokureurs opdrag gegee om die skuld in te vorder. Die ANC beweer dat die webblad tans onder instandhouding is en dat daar nie uitstaande skuld is nie.
Bron: Die Vryburger
Onderwysers verlaat die land
Onderwys toestande versleg by die dag wat die gevolg het dat onderwysers nou na ander lande ‘n heenkome soek.
Buiten die standaarde en klomp rompslomp waarmee onderwysers oorlaai word, word dit nou ook ‘n gevaarlike beroep, want “kinders” bring messe en selfs vuurwapens skool toe – nie om te spog daarmee nie maar om dit te gebruik as iemand sou durf waag om hom of haar aan te spreek of tereg te wys.
Gevalle van geweld by skole vind daagliks plaas terwyl skole en die departement die gevalle probeer afmaak as nie ernstig nie.
Dit is, soos onderwyskundiges dit stel, die gevolg van ‘n multikulturele onderwys stelsel waar kinders gedwing word om te integreer ongeag die ouderdom, taal, kultuur of godsdiens van medeskoliere.
Geldelike aansporing dien as verdere rede vir onderwysers om die land te verlaat met die Verenigde Arabiese Emirate as die groot trekpleister waar ‘n salarisse van meer as R70 000 per maand verdien kan word.
Intussen sê die Departement van Onderwys dat die uittog nie rede vir kommer is nie aangesien die universiteite jaarliks mense oplei om onderwysers te word.
Bron: Die Vryburger
Presidensie mors geld
Die Ouditeur Generaal het bevind dat die Presidensie vir die tweede opeenvolgende jaar die Openbare Finansiële Bestuurswet, sowel as tesourie se riglyne oortree het.
Die kantoor van die presidensie het vir die tweede opeenvolgende jaar ‘n gekwalifiseerde oudit verslag ontvang. Onreëlmatige uitgawes vir die 2017/2018 jaar beloop R33 miljoen terwyl R28 miljoen vrugteloos en verkwistend spandeer is.
Dit is volgens analiste skokkend in die lig van Cyril Ramphosa se sogenaamde pogings om regerings- en staatsentititeite te vrywaar van bedrog en knoeiery. As hy as president nie eers sy eie huis in orde kan kry nie hoe gaan hy die res van die land se probleme oplos?
Bron: Die Vryburger
Ace en ANCYL in twis
‘n “Oorlog” het tussen ANC en ANC-Jeugliga ampsdraers uitgebreek.
Aan die spits is glo Ace Magashule se inmenging in ANCYL se komende konferensie. Die jeugliga se sekretaris-generaal, Njabulo Nzuza, het Magashule beskuldig van politieke inmenging in die liga se sake terwyl die name van ANC segsman Pule Mabe en Roland Lamola ook genoem word.
Dit blyk dat diegene in die ANC wil verseker dat een van hul aanhangers gekies moet word as die nuwe president van die bankrot jeugliga.
Bron: Die Vryburger
Denel kan nie salarissse betaal nie
Die wapen vervaardiger Denel kon nie sy senior bestuurslede se volle salaris betaal aan die einde van September nie.
Denel benodig glo dringend befondsing en finansiële bystand en sal seker weer deur tesourie gehelp word met belasting geld om voort te gaan. Die invloed van Zuma en die Guptas is nog steeds besig om staatsentiteite in die grond in te werk.
Bron: Die Vryburger
Musk word aangekla vir bedrog
Die Suid-Afrikaans gebore ruimtetegnoloog en eienaar van die Tesla elektriese motorvoertuig vervaardiger in die VSA staar glo vervolging in die gesig weens beweerde bedrog.
Die beskuldiging volg na ’n inskrywing van Elon Musk op die sosiale netwerk waarin hy genoem het om Tesla te privatiseer.
Die reguleerders in die VSA wil nie toelaat dat Musk ’n openbare maatskappy begin met Tesla nie, alhoewel die rede nie bekend gemaak is nie.
Musk het glo geskryf dat hy oor voldoende fondse beskik om Tesla om te skakel na ’n private eienaarskap van $420 per aandeel.
Later het Musk gesê hy het afgesien van die moontlikheid en die sogenaamde vervolgers se aantygings verwerp.
Hy het sy teleurstelling uitgespreek oor die optrede van vervolgers en gesê hy het nog altyd opgetree in belang van die volle waarheid.
Musk se aanvanklike opmerkings oor privatisering het egter die Tesla aandele met 10% laat daal, en het eers enkele dae later begin herstel.
Die vervolgers sê in hulle saak teen Musk dat sy opmerkings “vals en misleidend is” aangesien geen woord daaroor met die maatskappy hoofde bespreek is nie.
Bron: Die Vryburger
Aardbewing en tsoenami tref Indonesië
‘n Aardbewing in Indonesië het nie net duisende inwoners met vrees en paniek gevul nie, maar ook groot skade aan geboue en infrastruktuur veroorsaak.
Asof dit nie erg genoeg was nie, het ’n tsoenami van meer as 3 meter hoë golwe die kusgebied getref en huise, motors en toerusting weggevee in twee van die land se kus stede.
Die gewilde Palu toeriste oord is weggevee en niks het staande gebly nie, en die skade beloop glo miljoene dollar.
Die hewige aardbewing wat 7,5 op die Richterskaal geregistreer het, het hoofsaaklik die Indonesies eiland, Sulawes, die swaarste getref waar minstens 900 mense die lewe gelaat het.
Noodhulp werkers vind dit moeilik om reddingswerk te doen weens die skade aan paaie en brûe, terwyl groot gebiede ook sonder krag en water is en baie mense steeds vermis word wat die vermoede versterk dat die dodetal verder kan styg.
Die meer as 600 000 mense wat in Palu en Donggala woon, benodig dringende hulp nadat honderde woonhuise ineen gestort het en baie sonder huisvesting is.
Bron: Die Vryburger
Weer
Temperature vir vandag vir die hoofsentra in die land soos verskaf deur die Suid-Afrikaanse Weerburo
Warmbad – Sonnig en baie warm
Min 12 Max 31
Nelspruit – Sonnig en baie warm
Min 14 Max 31
Pretoria – Sonnig en warm
Min 13 Max 29
Johannesburg – Sonnig en warm
Min 12 Max 28
Vereeniging – Sonnig en warm
Min 12 Max 29
Rustenburg – Sonnig en baie warm
Min 11 Max 32
Bloemfontein – Gedeeltelik bewolk maar warm
Min 10 Max 29
Kimberley – Gedeeltelik bewolk maar baie warm
Min 15 Max 32
Durban – Gedeeltelik bewolk maar baie warm
Min 19 Max 31
Oos-London – Bewolk maar warm
Min 16 Max 28
Upington – Gedeeltelik bewolk
Min 17 Max 34
Kaapstad – Gedeeltelik bewolk en koel
Min 13 Max 20
Port Elizabeth – Bewolk en koel
Min 14 Max 22
Sutherland – Gedeeltelik bewolk en koud
Min 1 Max 14
En dit is die einde van die nuus en weerberig.