You are currently viewing George brande na Tsitsikama

George brande na Tsitsikama

George brande na Tsitsikama
Al die openbare paaie, insluitende dele van die N2 in die Tsitsikama is weer oop wat gesluit was weens die geweldige bosbrande wat vanaf George uitgebrei het na die gebied. ’n Woordvoerder van die plaaslike owerheid is egter optimisties dat hulle die stryd kan wen en weerkundiges het reën vir die gebied voorspel. Die gevaar bestaan egter dat smeulende stompe weer kan opvlam en die brande laat hervat, veral as sterk wind ondervind word. Tot hede is meer as 65,000 hektaar vernietig, en bekommernis bestaan dat die brande kan uitbrei na De Vlugt en Uniondale in die Langkloof. Die brande wat tot na aan die Keurboom rivier gekom het, is glo redelik onder beheer en geen wooneenhede is tot hede in die brande verwoes of beskadig nie.
Bron: Die Vryburger, Foto ter illustrasie

Leave a Reply