Gigaba se vreemde gedrag
Die Minister van Finansies het ‘n uitdaging gerig aan enigeen om hom aan te kla van meineed. Hy wil eerder sy saak stel voor die etiese kommitteer van die parlement. Nadat die Hooggeregshof hom skuldig bevind het dat hy gelieg het onder eed, glo hy skynbaar hy is onskuldig en die hele “veldtog” is gemik daarop om sy loopbaan te kelder. Intussen het Gigaba wel gesê dat hy sal bedank as die ANC president, Cyril Ramaphosa, so ‘n versoek aan hom rig, maar kenners sê die president moes die minister dadelik beveel het om te bedank.
Bron: Die Vryburger, Foto ter illustrasie