Nasionale gesondheidsorg verlangsaam
Volgens Aaron Motsoaledi sal die beplande Nasionale Gesondheid versekerings projek tydelik vertraag word weens begrotings probleme. Daar word tans gekyk hoe daar meer as 2,000 gesondheidsorg personeel gewerf moet word terwyl die staat sal sorg dat beddens en linnegoed vir hospitale aangekoop sal word. Meningsvormers vra wat het van die linnegoed geword wat hulle jar gelede gehad het, en hoeveel is met tyd vervang? Die indruk word gelaat dat dit gesteel is. Motsoaledi erken dat die land beter af is deur bestaande dienste te onderhou as om dit te vervang met nuwe dienste soos voorgestel deur die nuwe wetgewing. Kenners sê enige ekonoom sou hom dit vertel het toe hul die plan begin het , en die onweerbaarheid van gratis dienste aan almal is algemene kennis. Die nuwe bedeling kan beteken dat privaat mediese fondse en hospitale deel sou word van die korrupte staats stelsel.
Bron: Die Vryburger, Foto ter illustrasie