You are currently viewing Nog ’n nuwe swart party gestig

Nog ’n nuwe swart party gestig

Nog ’n nuwe swart party gestig
Die swartmense van die noordelike deel van Transvaal het besluit om ’n nuwe politieke party te stig nadat hulle geld verloor het met die VBS Mutual Bank en die ANC se onvermoë om dit te verhinder. Hulle is ook ontevrede omdat die regerende party nie die korrupsie kan beëindig nie en gaan soos so baie ander klein, nietige partye, nou hulle eie party stig. Baroka Swaranang Movement gaan glo volgende maand by die Onafhanklike Verkiesingskommissie geregistreer word sodat hulle aan die 2019 verkiesing kan deelneem as onafhanklike party. Die nuwe party kom terwyl die ANC moeite ondervind met die groeiende steun wat die DA en selfs die Malema party ondervind in die Verre Noorde. Die voorlopers om die nuwe party te registreer sê die munisipaliteite in die gebied wat geld in die bankrot bank belê het, moet uit die hande van die ANC geneem word sodat die korrupsie kan eindig.
Bron: Die Vryburger, Foto ter illustrasie

Leave a Reply