Potgooi – Nuus En Weer 6 November 2018 Aangebied deur Corrie
Weeksdae Aangebied deur Yolanda om 9:30(CAT)
https://archive.org/details/NuusEnWeer6November2018Cor20181106.093059
Klik HIER om weer te luister
Kennisgewing
1. Die Radio’s raak nie by politieke of godsdienstige argumente betrokke nie.
2. Artikels en materiaal gebruik in programme is nie noodwendig die siening van die betrokke omroeper of die radiostasie nie maar die van die artikel- of berig skrywer.
3. Die Radio’s gee berigte en nuus deur soos ontvang en is neutraal van enige politieke groep of agenda
Die Nuus word aangebied in samewerking tussen Netradiosa & FM stereo & FM Live Gospel Active & Radio CSA
HOOFTREKKE
- President Cyril Ramaphosa sal vandag in die parlement moet verduidelik wanneer hy vir die eerste keer bewus geword het van die plundering van die VBS-bank. Ramaphosa sal vanmiddag in die Nasionale Vergadering die mondelinge vrae van opposisiepartye, beantwoord. Adjunkpresident David Mabuza sal op sy beurt vrae beantwoord in die Nasionale Raad van Provinsies. Die DA gaan Mabuza onder meer ondervra oor korrupsie in staatsbeheerde ondernemings en of daar groter aanspreeklikheid is vir raadslede en bestuur, en die gevolglike tugstappe te verduidelik. Die UDM wil ook weet of Mabuza enige planne het om die toenemende geweld in skole te stop.
- Die regstryd tussen die DA en die regering oor of die gewese president Jacob Zuma geregtig is op belastingbetalersgeld vir die regskoste van sy korrupsiehofsake, sal vandag in die Hooggeregshof in Pretoria aangehoor word. Die DA het die aansoek in Maart gebring en die hof versoek om die regering se besluit te herroep om Zuma se regskoste te betaal.
- Slotbetoë begin vandag in die moordverhoor van Jason Rohde, die voormalige bestuurshoof van die eiendomsgroep, Lew Geffen/Sotheby’s Internasionaal. Hy word verdink van die moord op sy vrou, Susan in 2016. Haar liggaam is in hulle hotelkamer op die Spier-wynlandgoed naby Stellenbosch gekry waar daar beweer is dat sy selfmoord gepleeg het. Die Verdediging het in Augustus hulle saak gesluit.
- Die Minister van Toerisme, Derek Hanekom, glo dat die Suid-Afrikaanse Lugdiens binne die volgende paar jaar ‘n ommekeer kan maak. Hanekom het die opmerking gemaak tydens ‘n internasionale skou in Londen. Die World Travel Market is een van die grootste toerisme handelskoue in die wêreld. Hanekom se mening dat die sluiting van die lugdiens in die stadium nie oorweeg word nie volg enkele dae nadat die Minister van Finansies, Tito Mboweni, voorgestel het dat die S.A.L sy deure moet sluit. Die Minister van Openbare Ondernemings, Pravin Gordhan, het gister gewaarsku dat die werknemers van die lugdiens moet sorg dat die lugredery binne ses maande vir beleggers aanloklik is……
- ‘n Grootskaalse soektog is in Kameroen aan die gang na 79 kinders wat uit ‘n skoolkoshuis ontvoer is. Onbekende gewapende mans het toegeslaan op die koshuis in Bamenda in die noordweste van die land en die kinders en skoolhoof ontvoer. Die regering beskuldig rebelle wat onafhanklikheid vir die Engels-sprekende streek in Kameroen steun. Die rebelle ontken egter dat hulle betrokke is.
- Facebook het sowat 30 rekeninge gesluit en nog 85 op Instagram nadat die polisie gewaarsku het dat buitelandse groepe by Amerika se mediumtermynverkiesing probeer in meng. Dit volg kort op ‘n waarskuwing van Amerikaanse intelligensieagentskappe dat Amerikaners moet ligloop vir pogings van Rusland om vals nuus te versprei. Facebook se hoof van kubersekuriteit, Nathaniel Gleicher, sê die rekeninge is gesluit en ondersoek na die oorsprong word nou gedoen. Hy sê dit blyk dat die Facebook profiele in Frankryk en Rusland geskep is. Navorsing toon dat vals inligting nou vinniger versprei as in die aanloop tot die Amerikaanse presidentsverkiesing in 2016.
- Die Amerikaanse Olimpiese komitee het met voorlopige stappe begin om die land se gimnastiekliggaam van sy magte as nasionale sportbeheerliggaam te stroop. Die stap volg na onthullings dat tientalle gimnaste deur die spandokter, Larry Nassar, seksueel mishandel is en die organisasie versuim het om op te tree. Nassar is tot 175 jaar tronkstraf gevonnis nadat bykans 160 vroue hom van seksuele aanranding aangekla het. Drie bestuurshoofde van die organisasie het die afgelope twee jaar bedank nadat hulle gekritiseer is oor die manier waarop die situasie hanteer is.
Weer
Temperature vir vandag vir die hoofsentra in die land soos verskaf deur die Suid-Afrikaanse Weerburo
Warmbad – Bewolk en baie warm met reën plek plek
Min 16 Max 33
Nelspruit – Gedeeltelik bewolk en baie warm met matige reën met tye
Min 12 Max 30
Pretoria – Bewolk en warm met matige tot hewige reënbuie
Min 15 Max 27
Johannesburg – Gedeeltelik bewolk en warm reën plek plek Min 13 Max 26
Vereeniging – Gedeeltelik bewolk en warm
Min 12 Max 26
Rustenburg – Bewolk en baie warm met matige tot hewige reënbuie
Min 13 Max 29
Bloemfontein – Gedeeltelik bewolk
Min 6 Max 21
Kimberley – Gedeeltelik bewolk
Min 8 Max 21
Durban – Gedeeltelik bewolk matige tot hewige reënbuie
Min 10 Max 17
Oos-London – Gedeeltelik bewolk matige tot hewige reënbuie
Min 14 Max 20
Upington – Sonnig
Min 12 Max 23
Kaapstad – Gedeeltelik bewolk met matige tot hewige reënbuie
Min 13 Max 18
Port Elizabeth – Gedeeltelik bewolk met matige tot hewige reënbuie
Min 14 Max 15
En laastens
Sutherland – Mooi weer
Min -1 Max 14