Zuma en die hofsaal
Die stryd tussen die linkse DA party en die afgesette president, Jacob Zuma, neem ’n tree nader aan beslissing wanneer die party uiteindelik daarin slaag om Zuma in die hof te kry. Die voormalige president se saak kom vandag in die Hooggeregshof in Pretoria voor waartydens die regter moet bepaal of Zuma se hofsake met belastingbetalers se geld vereffen moet word. Volgens die DA moet Zuma self vir die regskoste instaan oor die aspek van korrupsie teen hom waarvan die veelbesproke woonplek in Natal een is. Die politieke party ht in Maart met ’n geding teen Zuma begin oor die aangeleentheid, en alhoewel daar geringe belangstelling is oor wat met Zuma gaan gebeur, wil politici verseker dat reg en geregtigheid plaasvind wanneer dit belastingbetalers se sak raak. Die hof ht twee dae opsy gesit vir die Zuma saak, maar kenners meen die uitspraak sal eers later wees.
Bron: Die Vryburger, Foto ter illustrasie